Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Stickygram is awesome

Ek skryf nie gewoonlik hierdie tipe goed nie, maar StickyGram het my so beïndruk dat ek besluit het om hulle ‘n shout te gee.

Ek weet nooit wat om vir my verloofde te koop vir haar verjaarsdag nie. Ek weet nooit wat om vir enigiemand te koop met hulle verjaarsdag nie. Die ding is, ek slaap nie langs ander mense nie, ek slaap wel langs my verloofde. Dus sou dit nice gewees het as ek geweet het wat om vir haar te koop. Dit is lekker om vir iemand iets te gee waarvan hulle hou.

My verloofde hou van foto’s. Ons kom nooit daarby uit om al die foto’s wat sy wil laat maak te laat maak nie. Nevermind rame kry vir die foto’s en die goed op die mure in ons woonstel kry. Met dit in gedagte het ek so paar weke gelede op StickyGram afgekom. My verloofde het onlangs haar iPhone gekry en begin nou juis Instagram ontdek.

Die cool ding van StickyGram is dat jy kies watter van jou Instagram foto’s jy wil laat maak in 5cm x 5cm magnete. Jy log in met jou Instagram account, kies jou foto’s wat jy wil laat maak, betaal en binne sowat 2 weke behoort jy jou magnete te kry deur die pos. Maak net seker jy kry die pos voor die persoon wat jy dit voor koop, anders maak sy dalk haar geskenk so paar weke voor haar verjaarsdag oop.

Elke pack het nege magnete op en dit kos $14.99 per pack. Ek gaan verseker vir my nog maak, maar die nice ding is dat my verloofde nou haar eie Instagram foto’s in magnete kan laat omskep. Ek het haar voorgestel aan StickyGram en nou kan sy verder haar eie magnete maak. Die geskenk wat aanhou gee, of so iets. Plus ek sien uit daarna om my bar fridge binne die volgende paar maande vol foto’s te maak van al die parties waar daar altyd so baie foto’s geneem word.

So as jy Instagram gebruik,soos meeste mense wat ‘n iPhone het, dan stel ek voor jy gaan loer na StickyGram. Of as jy sukkel om die regte geskenk te kry vir iemand. Gee vir hulle foto’s wat hulle op hul yskas kan sit. StickyGram is een van die coolste services wat ek in ‘n lang tyd ontdek het.



You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *