Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Sowing the Seeds 2013: Ek soek nog

Die jaar was my eerste Sowing the Seed, maar verseker nie my laaste nie. Ek weet nie regtig waar om te begin met hierdie nie. Weens omstandighede buite my beheer kon ek eers Saterdag middag arriveer. Dit nou nadat ek en Soutie deur Boksburg en Brankpan gery het. Fokket dit was nou vir jou ‘n belewenis. Ek is gebore in Pretoria en het groot geword in die wilde noorde van Pretoria, maar Pretoria noord het nie ‘n patch op Boksburg en die omliggende dorpies nie.

Toe ons by Sowing the Seeds kom het ons vinnige werk gemaak van ons tente op kry sodat daar gepraty kan word. Die venue vir Sowing the Seeds is ‘n awesome een. Regtig een van die coolste venues vir ‘n music festival wat ek al gesien het. Dit is nie ‘n moerse groot venue nie en al was daar plek vir nog baie mense hoop ek van harte dat daar nie nog baie mense by kom nie. Niks meer as sê so 200 mense nie, anders gaan daar te veel mense wees.

Sowing the Seeds Photo by Mat Gardner

Die crowd. Foto deur Mat Gardner

Sover die musiek gaan was daar iets vir almal. Daar was die main stage en die electro stage. Al was daar baie great bands om te sien was my hoogtepunte van die naweek was beslis die Dune Rats en Taxi Violence. Die Dune Rats is soos ‘n indie-Nirvana. Ek kan nie regtig aan ‘n beter manier dink om hulle te beskryf nie. Hulle is ‘n baie cool three piece band uit Australia en ek het hulle live set baie geniet. Ek het hulle weer Sondag by Park Accoustics gesien, en steeds van hulle gehou. Dus was dit nie net al die bier/shots wat ek saam die ouens van Taxi Violence gedrink het wat die Dune Rats goed laat lyk het nie.

Ek was lucky genoeg om Taxi Violence se set te kon kyk van die kant van backstage (eintlik op die kant van die stage) af. Dit is altyd epic om hulle te sien perform, want hulle is super tight. Toe hulle hul laaste song begin speel was ek eintlik bietjie hartseer want ek wou nie hê dit moet stop nie. Nie lank na hulle set verby was nie, het dit vir my duidelik geraak dat my aand saam met Taxi Violence nog ver van verby is.

Sowing the Seeds Photo by Mat Gardner 2

Louis Nel van Taxi Violence op die dromme. Foto deur Mat Gardner

Daar was Jager shots, daar was Tequila shots en Jack Black het gesorg vir baie bier. As jy ooit na die podcast wat ons saam met Taxi Violence gedoen het, geluister het, sal jy weet dat hulle almal moerse nice ouens is. Ons het baie kak gepraat en baie gedrink. Ek is nie seker wanneer presies ons paadjies gessplit het nie (ek blameer dit op al die Jager), maar dit was ‘n great aand.

Dankie aan Sowing the Seeds vir ‘n great music festival. Ek sal julle beslis volgende jaar weer sien, en die keer pak ek ‘n ekstra lewer in.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *