Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Roadrunner United: The All-Star Sessions

Roadrunner is ‘n record label wat bekend is vir hulle verhouding met metal bands. Bands soos Slipknot, Cradle of Filth, Machine Head, Trivium, Sepultura, Killswitch Engage en vele meer. In 2005 het Roadrunner die album Roadrunner United: The All-Star Sessions vorendag gebring. Dit was ‘n album waar Roadrunner hulle 25 jaar anniversary gevier het deur 57 artists van 45 bands (wat almal deel was van die Roadrunner familie op een of ander stadium) bymekaar te bring en toe 18 songs ge-produce het.

Roadrunner United the All-Star Sessions

Daar is vier “team captains” gekies om die 57 artists te lei. Die vier “team captains” was Joey Jordison (Slipknot, Murderdolls), Matt Heafy (Trivium, hy was 20 toe hy gekies is vir die rol), Dino Cazares (Fear Factory) en Robert Flynn (Machine Head). Wat onstaan het uit die combined effort van die artists is een van die coolste metal albums wat daar al was.

Die album het uitgekom met ‘n DVD by wat gewys het hoe almal aan die album gewerk het. Hier onder is ‘n klein deeltjie van die DVD. As jy ‘n fan is van enige van die bands wat ek hier bo noem, stel ek voor jy kry jou hande op Roadrunner United: The All-Star Sessions.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *