Soundtrack to the apocalypse – The Marriage of Coyote Woman – All them Witches

Selfs tydens die apocalypse is dit nie so moeilik om die basiese behoeftes te kry nie: Suurstof, water, kos en skuiling. Kos is ooral. Suid-Afrika was oortek met nasionale parke en privaat-wildtuine. Daar is nie meer genoeg mense om die wild te kan uitroei nie, en as jy weet hoe om te jag is kos elke dag, heeldag, rondom jou. Nie almal het die vermoë of die wapens om meet kan jag nie. Jy het gelukkig geen probleem met jag nie, en is eintlik nog altyd so goed daarmee dat dit eintlik skrikwekkend moes gewees het vir jou oorlede vriende en familie.

Wat wel nie so maklik is om te kry nie, wat ook ‘n basiese behoef te is, is seks. Daar is nogsteeds baie visse in die see, maar daardie metafoor werk nie meer in 2021 vir mense nie. Meeste mense lewe deesdae in isolasie uit vrees vir die virus en vrees vir vreemde mense. Jou eie sosialesirkels het bestaan omtrent glad nie meer nie. Die mense wat jy nou sien, sien jy miskien een keer elke paar maande. Almal van hulle het jy ontmoet oor die laaste 24 maande. Almal wat jy geken het voor 24 maande gelede, lewe lankal nie meer nie. Snaaks hoe mense mekaar kry, selfs wanneer ons mense probeer vermei.

I’ve never met a salesman like you before / Lines of the world just rippin’ us apart / Scratch ran out, nice and slow / Think I got one more mile left to go

In die verlede is die nie die tipe persoon saam met wie jy tyd sou spandeer nie. Volgens jou was Die Kerk in 2020 ‘n stront storie, maar in 2021 is daar geen plek meer vir daardie snert nie. Maar deesdae raak mens betrokke met verskeie mense nie oor jy wil nie, maar oor jy moet. Hierdie is een van daardie gevalle. “I’ve never met a salesman like you before” herhaal jy die lirieke wat uit jou Pontiac se radio speel hardop. Gepaste lirieke inderdaad. Party mense kan nie jag nie, en jy kan. Dit is ‘n transaksie. Party mense sal dit prostitusie noem. In 2021 is mense baie minder vooroordelend. Nou is dit net behoeftes wat vervul word. Almal moet eet.

I thought nothing’d ever pierce my heart / Worst thing to do is to shutter on my pride / Scratch ran out, nice and slow / Think I got one more mile left to go

Verhoudings, getroud wees, kinders kry, ‘n gesin hê, familie, aangetroude familie. Alles goed van die verlede. Oor die laaste 18 maande het jy nog nie ‘n enkele peroon ontmoet wat ‘n kind in hierdie wêreld in wil bring nie. Jy moet seker ook by sê dat jy al die mense wat jy ontmoet het oor die laaste 18 maande kan tel op twee hande se vingers van daardie lyk wat langs die pad lê. Jy die pad waarop jy nou ry.

Toe jy jou voet neersit op die grond om uit jou kar te klim staan die persoon klaar en wag vir jou by die voordeur. Geen hemp aan en maak die vrieskas wat op die stoep staan solank oop. Vir enige persoon wat nie weet wat hier aangaan nie sou dit lyk of jy ‘n lyk in ‘n swart seil uit jou Pontiac se kattebak haal. Dit is ‘n lyk, maar die lyk van ‘n Rietvlei blesbok. Jy laat val die swart seil en die inhoud in die vrieskas en maak die ding toe. Jy beweeg in die huis in en trek die voordeur agter jou toe in een beweging.

Think I got one more goddamn word to say

Fuck.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *