Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Lamb of God die week in Suid-Africa

Die week het aangebreek, jip Lamb of God South Africa tour is happening. Ek is fokken opgewonde, dit is immers een van my gunsteling metal bands en Saterdag sien ek hulle live. Ek is seker daar is ‘n paar van julle lesers wat hulle ook live gaan kyk en dus het ek so paar details om met julle te deel oor Lamb of God Live in Cape Town en Johannesburg.

Lamb of God

Lamb Of God Cape Town

Lamb of God tree saam met The Drift en Mind Assault op by die Cape Town City Hall Auditorium op Vrydag 24 Januarie 2014. Hier onder is die line-up tye:

18h00-doors open

19h00 – 19h45 – The Drift

20h00 – 21h00 – Mind Assault

21h30 – 23h00 – Lamb of God

Lamb of God Johannesburg

Lamb of God tree in Johannesburg ook op met supporting acts Mind Assault en The Drift, Saterdag 25 Januarie 2014. Hier onder is die line-up tye:

18h00-doors open

19h00 – 19h45 – Mind Assault

20h00 – 21h00 – The Drift

21h30 – 23h00 – Lamb of God

Right, daar het jy dit. Daar is nog kaartjies beskikbaar vanaf Computicket. So gaan nou na hulle website as jy nog nie ‘n kaartjie het nie. As jy ‘n metal fan is kan jy nie die een misloop nie en om eerlik te wees met jou; kans dat jy weer vir Lamb of God in Suid-Afrika gaan sien is baie skraal. So bedel, bliksem, skree en steel as jy moet, maar kry vir jou ‘n ticket. Moet nie regtig enige van daardie doos goed doen nie, maar maak ‘n plan en kry jou gat daar. Hier is ‘n video van Lamb of God live by Download 2012 om jou ‘n idee te gee van wat vir ons wag.

You may also like...

1 Response

  1. January 22, 2014

    […] En nou, nog Lamb of God. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *