Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Slipknot – .5 The Gray Chapter Review

‘n Ruk terug praat ek en ‘n vriend oor die nuwe Slipknot album; .5 The Grey Chapter.Die nuwe album het my vriend weer op ‘n Slipknot-trein gesit wat dit moeilik maak vir hom om te verstaan hoekom hy ooit afgeklim het. Hy het weer alles wat hy in die hande kon kry oor die band verorber, en met die internet is dit baie om te verorber. Wat vir die vriend uitgestaan het was die konferensie met die media na Paul Gary se dood, meer spesifiek hoe normaal die band voorgekom het sonder hulle maskers. Hulle was en is steeds mense.

5 The Gray Chapter album cover

.5 The Gray Chapter is verseker steeds Slipknot wat ons ken

Die album begin soos al die ander Slipknot albums met ‘n intro track, wat vir lank net klink na ‘n pocket dial waar iemand wat stadig ‘n ou orrel speel. Dan kom Corey Taylor se tortured stem deur saam met so bietjie percussion. Ons luister na Slipknot. Wat volg is ‘n bietjie clean guitarwerk op die begin van track twee, “Sarcastrophe”. As jy een van die mense was wat bekommerd was dat Slipknot meer Stone Sour gaan wees op die nuwe album as wat hulle Slipknot is, stel hulle ons gerus omtrent ‘n minuut in “Sarcastrophe” in. Hierdie is verseker Slipknot.

.5 The Gray Chapter is hard. Baie hard. Ja, daar is verseker meer melodies as wat daar nog ooit op ‘n Slipknot album was en in die eerste drie songs van die album laat Slipknot ons mooi verstaan dat hierdie metal is. “The Devil in I“, die single wat ons almal reeds ken, is die laaste song wat ons hoor voor “Killpop” begin.

“Killpop” is verseker my gunsteling song op die album sover. Wat begin as ‘n melodic ballad verander vinnig as die chorus inskop in ‘n thrash metal, devil horn, song. Die liriek aan die begin van “Killpop” laat dit voel soos ‘n hartseer en romantic song en dan skielik verander Corey Taylor se vocals van rustig en amper creepy na intense en hard met die growl wat net hy kan uiter. “Killlpop” kom tot ‘n einde met die lirieke:

We were made to hate each other, now die and fucking love me, die and fucking love me

‘Die and fucking love me’ word drie keer herhaal. As Corey se stem jou nie die erns van die saak laat verstaan het die eerste keer toe jy die lyn gehoor het nie, sal dit verseker insink, dieper elke keer as hy dit skree. En dit is fokken awesome!

Die volgende song is “Skeptic” en dit is verseker Slipknot se tribute aan hulle oorlede bassist Paul Gray. Die emosie en woede kom sterk deur op die een en dit is duidelik dat Paul Gray ‘n gaping gelos het in die band wat deur niemand anders gevul sal kan word nie. Dit is ‘n harde song maar ook hartseer en mooi op dieselfde tyd. Dit verbaas my altyd hoeveel emosie Slipknot in hul musiek kan prop. Mick Thompson en Jim Root maak ‘n groot deel uit van hoekom ek so baie van Slipknot hou. Die twee guitar spelers is meesters van hul instrumente en die ongelooflik afgeronde riffs tref jou in die gesig deur die hele album.

Ek kan elke song vior jou uiteensit en vertel hoekom ek mal is oor elke een, maar ek gaan nie. Dit is onnodig en puntloos. Elke song kan staan op sy eie twee bene, maar as ‘n album werk dit ongelooflik goed saam. Wat verseker uitstaan is dat Slipknot bewus was van die feit dat hulle twee van hulle groot songwriters verloor het in Paul Gray en Joey Jordison. Tog het Slipkont hulle kenmerkende klank behou en gebou daarop om Slipknot nog ‘n dieper dimensie te gee. Deur alles wat oor die laaste vier jaar met die band gebeur het, het hulle .5 The Gray Chapter nie net gekry tot op die Billboard Top 200 chart nie, maar ook rave reviews vanaf meer “qualified” critics as ek gekry vir die nuwe album.

Slipknot is meers as net musiek

My verhaal het eers vir Slipknot as deel van die soundtrack begin kry rondom die ouderdom van 15. Die maskers was creepy, maar dit was nie wat my oorspronklik gegryp het nie. Kiss het full face make-up aan gehad, die was net nog ‘n vorm daarvan. Dit was pre-internet vir meeste van ons, en informasie oor Slipknot was nie so maklik om te kry soos deesdae nie. Wat my regtig gegryp het van Slipknot was die imagery en die lirieke. Dit was donker en het die angs en woede van die CD boekie af laat drup. Daai tyd was dit ‘n vriend se CD boekie, ek kon dit nie bekostig nie. Ek het Iowa en Slipknot geluister en die lirieke met die hand uitgeskryf.

Toe ek in Londen kom drie jaar later toe is daar tydskrifte, TV kanale en die internet met al die informasie waaraan jy kan dink. Ek was versot op musiek en enige informasie geheg aan daardie musiek. Ek het boeke oor Slipknot gekoop, tydskrifte met artikels oor hulle gelees en ek het al hulle musiek videos gesien op die TV of internet. Slipknot was iets meer as Marilyn Manson of Alice Cooper of Kiss, maar ek kon nooit my vinger daarop plaas nie. Die maskers, die bok koppe, die woede, die musiek en die brandende 666 is alles deel van die performance wat jy van Slipknot kry.

Tog is die persoonlikhede van die maskers geheg aan ‘n persoon. Om daardie angs en woede uit te kry in so meestervolle manier moet jy die gevoelens op ‘n intieme manier verstaan. Daarvan het die band meer as genoeg opgebou oor jare as tieners en ongemaklike “volwasse” mense. Paul Gray se dood vorm deel van die angs en dit kom deur op die album. Net net is .5 The Gray Chapter ‘n ongelooflike goeie album nie, maar dit is bewyse dat die band nog gaan oorleef vir jare. Almal het moeilike tye in hul lewe, selfs die mighty Slipknot. Wat jy leer van daardie moeilike tye en hoe jy dit gebruik om vorentoe te beweeg in jou lewe is wat jou sal laat uitstaan bo die res. Slipknot het al baie moeilike tye gehad, as ‘n band en clearly elke lid in ‘n persoonlike kapasiteit. Gelukkig vat hulle daardie moeilike tye en verander dit in kuns; ongelooflike musiek, ongelooflike imagery en ‘n overall powerful package.

Goddank vir Slipknot, goddank vir .5 The Gray Chapter, want elke song op die album is goed. Vir my is dit by ver die beste album van die jaar en as jy nog nie vir jou die album gekoop het nie stel ek voor jy doen dit nou dadelik.

You may also like...

3 Responses

  1. October 30, 2014

    […] die goed. Hier is vandag se Random Gevaaalikhede. Iets anders wat jy dalk vandag wil vang is die review van Slipknot se nuwe album, want dit is so goed jy gaan dit vir jouself moet […]

  2. October 31, 2014

    […] 'n Review van Slipknot se nuwe album […]

  3. October 6, 2015

    […] – XIX is een van die song vanaf die laaste studio album, .5: The Gray Chapter. Dit is ‘n ongelooflike goeie album, verseker een van die beter albums van die jaar, as dit […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *