Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

“Skud-skud, jou advertensie is uit”

In ‘n wêreld waar ons elke dag van alle kante gebombardeer word met advertensies, het dit al hoe moeiliker geword om ‘n advertensie te maak wat deur mense onthou sal word. Die goed is donners oral, en baie van ons het al ‘n outomatiese ad filter wanneer ons TV kyk, die internet browse, of selfs apps op ons fone gebruik.

Een manier om seker te maak mense onthou jou advertensie, is om ‘n goeie dosis omstredenheid daarin te moer, met die hoop dat dit verban word en baie aandag sal kry as gevolg daarvan. Hier in SA het veral Nando’s nogal ‘n reputasie dat hulle advertensies omstrede is en verban word.

Volgens The Guardian het die Britse Adversiting Standards Authority (ASA) onlangs weer ‘n advertensie (sien video onder) verban, omdat dit “serious or widespread offence” kan veroorsaak. Wel, ek sou sê dat as jy offended is, kan jy fokkof en elders offended gaan wees.

Soos Suid-Afrika se eie weergawe van dié organisasie, het die ASA duidelik nog nie van die sogenaamde Streisand Effect gehoor nie. Iemand moet dalk vir hulle sê dat mens te danke aan die internet niks regtig kan verban nie – veral nie advertensies wat jokes maak oor masturbasie nie. En natuurlik doen gevaaalik.com sy deel om te voorkom dat die video in die vergetelheid verdwyn.

You may also like...

1 Response

  1. Reimert says:

    LOVE it!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *