Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

SA tweet die ANCYL mal

Almal weet van Twitter. Baie mense gebruik Twitter en baie mense wil niks met Twitter te doen hê nie. Julius Malema wil Twitter toemaak oor sy naam konstant vergat word daar. Eintlik kom die waarheid maar net uit oor ou Julius op Twitter. Ons hier by gevaaalik.com het al ons mening oor Julius en sy ANCYL idioot-trawante gelug op ons Twitter.

So paar SA celebs het ook op Twitter grappe gemaak en vertel wat hulle dink van ou Julius en die ANCYL. Izak Davel, ex-Egoli-ster en die ou in Getroud met Rugby, het gesê wat hy dink deur een van Johrné van Huyssteen (van die band Ddisselblom) se tweets oor te tweet: “Its National Malema day. Remember to wear your clown suit.”

Gareth Cliff is nooit een om nie sy mes in te kry vir ou Julius nie, en hy en sy mede-5FM-DJ Fresh het ook gespot deur heen en weer te tweet: “Ha ha ha RT @DJFreshSA: Rocks tender RT @JCVisionary: Where did Malema’s supporters find so many rocks 2 throw in the JHB CBD?” Gareth het ook saamgestem met ‘n meer ernstige tweet wat hy gelees het: “@redithlabi Totally agree. ANCYL leaders won’t intervene or take responsibility for violence, but they’ll “distance themselves”. Cowardly” DJ Fresh het ook met ‘n kort tweet gesê wat hy dink van die ANCYL se gedrag: “I am yet to hear ANCYL organisation admit that it is THEIR members that got up to shit during a protest… #Cowards” Redi Thlabi is ‘n omroeper op Talk 702.

Steve Hofmeyr moet ook altyd iets sê oor politiek. Ek persoonlik dink dit gaan Steve se volgende move wees. Sy eie politieke party. Met amper 20 000 mense wat vir ou Steve volg op Twitter het hy ‘n lekker groot gehoor waar hy sy stem kan dik maak en ou Steve het nogal ‘n skerp sin vir humor. Kyk net wat het hy reply op ‘n tweet: “@pro_afrikaans: ‘Malema sê hy is die produk van God’ Miskien toe God effe in gedagte was.”

Dis net jammer Malema en sy trawante is te dom om Twitter te kan gebruik. Dan sou hulle miskien gesien het wat die slimmer mense in SA van hulle dink. Maar almal weet Julius en die ANCYL smaak van hoender vreet, so Nando’s het darem ook probeer om die boodskap aan hulle oor te dra. Ek persoonlik dink ‘n stywe poesklap sal vir Julius vinnig regruk.

You may also like...

2 Responses

  1. hottentotsgod says:

    Jy weet Juli is op Twitter nê, het seker a “comrade” wat vir hom post.

  2. Stix says:

    Nee hy is eintlik nie. Dit is meestal mense wat maak of hulle hy is en spot met hom.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *