Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Rise Against en Pendulum vir RAMfest 2013

Rise Against kom Suid-Afrika toe vir RAMfest 2013. Hulle gaan speel by Kaapstad, Johannesburg en Durban se RAMfest. Ek was nog nooit ‘n fan van Rise Against nie, moet my nie vra hoekom nie, dit is net nie vir my nie. Pedulum het dit so baie gelike hier in 2010 dat hulle die jaar terug kom vir nog. Pendulum speel by al vyf die RAMfests.

Rise Against word as ‘n punk rock band, ek sou hulle nou nie punk rock noem nie. Then again ek dink Sex Pistols, Ramones en Blink 182, maar daar word vir my gesê dat Blink 182 nie punk rock is nie. Dus weet ek nie regtig meer wat is punk rock nie.

Die datums van Rise Agains se RAMfest shows lyk so:

9 March: RAMfest CT, Circle of Dreams, Riviersonderend

15 March: RAMfest Durban, Wavehouse

16 March: RAMfest Riversands Farm, Fourways, Johannesburg

Pendulum is ‘n drum and bass set van Perth in Australia. Hulle show by 2010 se RAMfest was ‘n groot hit en dit is die moeite werd om dit te sien. Al hou jy nie van electro of drum and bass nie sal ek nogsteed voorstel dat jy Pendulum nie mis by die volgende RAMfest nie.

Kaartjies vir RAMfest is klaar te koop deur Ticketbreak. Johannesburg en Kaapstad se kaartjie kos R490 as jy een van die limited “early bird” kaartjies kry, of R550 as dit ‘n normale kaartjie is. As jy by die hek koop vir Kaapstad of Johannesburg gaan ‘n kaartjie jou R650 uit die sak jaag. Durban se kaartjies is R300 vir die “early bird” kaartjies, R350 vir die pre-sold en R450 as jy by die hek koop.

Durban, Bloemfontein en Port Elizabeth gaan binnekort te koop wees teen R100 vir “early bird kaartjies en R150 pre-sold.

Vir meer info gaan na die RAMfest website, volg @ramfest op Twitter of gaan na RAMfest se Facebook page

You may also like...

1 Response

  1. October 1, 2012

    […] Ramfest announced today at 12o’clock that British Metalcore band “Bring Me the Horizon” and “As I Lay Dying” from USA are the latest two international acts to be performing at next years festival. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *