Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Ricky Faber – Kaalgat in die reen

Net toe ons dink dat Auto-Tune en die Afrikaanse taal mekaar nie meer kan rape nie, toe kom Ricky Faber en druk vir ons ‘n vet pit terwyl hy ons ore rape. Ek gee vir julle “Kaalgat in die reen”. Ja ek weet, op skool het hulle ons geleer dat mens reën skryf met ‘n deelteken op die e, maar as jy die musiekvideo kyk sal dit duidelik raak dat leer en slim wees nie hoog op die lys van prioriteite is vir Ricky Faber en sy maats nie.

Ricky Gaylord Faber

Tos musiek en kak video. Plus ‘n creepy look free of charge. Dankie vir fokol Ricky Faber.

Die video begin met Ricky wat ‘n creepy kyk gee in die kamera in. Een van daardie tipes creepy wat jou siel laat vuil voel. En dit gebeur nie baie met my nie, want ek het nie ‘n siel nie. Creepy! Dan hoor ons die eerste lirieke, en dit vat nie lank nie voor Ricky terugval op die kruk van elke Afrikaan-pop sangers se woordeskat nie: die woord “baby”. “Kaalgat in die reën, my baby, ons dans kaalgat in die reën”. I kid you not. Ek sal die liefdesverhouding wat Afrikaanse popsangers het met die woord baby seker nooit verstaan nie. Die dag wanneer ek dit verstaan sal ook die dag wees wat ek my eie lewe neem.

Wanneer die ander mense in die video begin dans dan word die blatante leuen van die song blatantly obvious. Hulle dans in die reën, maar niemand is kaalgat nie. Asof dit nie erg genoeg is dat hulle ons probeer breinskade gee met hulle walglike musiek nie, nou onderskat hulle nog ons intelligensie deur vir ons te lieg ook. Dit is ook hier waar ek agtergekom het dat Ricky Faber darem BEE volg want hy het selfs die token black guy in sy video. Sy gewete pla hom seker oor die creepy kyke wat hy aanhou gee deur die hele video en die BEE move laat hom seker beter slaap saans. O nee wag, dit is ‘n wit ou wat net baie blas is, sorry bra.

“So stil die somer, so kil die wind. Soos die donker jou verblind. Die donderweer onder jou vingernaels, waar jy vrede vind.” As Ricky Faber vir my kan verduidelik wat die fok daardie lirieke beteken, dan vreet ek my hoed sonder mostert. Maar ek is 100% oortuig daarvan dat daar geen waarde in Ricky se lirieke lê nie, want sy gehoor is most likely net so dom soos sy lirieke. Plus, ek dink ek kan hom dagvaar; ek het een keer op E-Jays ‘n tune gemaak deur net my penis te gebruik om knoppies te druk en dit klink baie soos die backtrack van “Kaalgat in die reen”.

Ek sê nog altyd moet nie ‘n ou met highlights in sy harehare trust nie, en hier help Ricky om my punt te staaf. Ricky, vat jou creepy “Can you smell what the Rock is cooking?” peoples eyebrow look en hou hom eerder vir jouself. Daar is net 2 maniere hoe die song en video beter kan word: Deur die song en video heeltemal te verwyder van die internet af. Of, mute die musiek, haal vir Ricky en al die ander ouens uit die video en laat die dames wat in die video is regtig kaalgat in die “reen” dans. Dan, en uitsluitlik dan, sal die video ‘n wins wees vir die mensedom.

Ek wil nie meer deel wees van die mensdom nie.

New MOOD by Onnit

You may also like...

9 Responses

  1. Nomad says:

    Ek sal like om die dude se kop vir so paar minute onder die water hou, what a wanker!

    Actually is die nie eers sy lyrics nie. Dis n Abel Kraamsaal song, afrikaanse rock. Nou nie my tipe musiek ni maar fokken baie beter as die drek wat Ricky hier ‘produce’ het. Maar het enige iemand iets anders van hom verwag? sy ouers het hom tog Ricky gedoop…dink nie hyt veel keuse gehad ni, sou ma altyd n doosh op geeindig het.

    As jy dalk wil hoor. hier is die link http://www.reverbnation.com/play_now/song_7310715

  2. Kabous says:

    Dis ʼn baie tos cover van ʼn ou Abel Kraamsaal song

  3. Kabous says:

    Dis ʼn baie tos cover van ʼn ou Abel Kraamsaal song

  4. Mens says:

    Shame jou arme doos. Net 2 comment op jou post. En dis sad want jy kon Ricky se cd meer bemark het.

  5. Malema says:

    Kom sluit by die EFF aan want daar praat hulle net soveel kak as wat jy hier kwytraak. Jy is so fkn jaloers aangesien jy seker nie kan praat nie. Wat nog sing. Dis hoekom jy rondkyk om op mense met talent te piek. Jy moet wydkyk platbek want ons is baie fans en hoogs befok.

  6. Banggat says:

    Nou haal jy die posts af jou fkn banggat. Ek sal jou trace ballas. Jou kop in jou gat indruk. Ricky is te fkn ordentlik om op jou kak te comment. Gaan jou trace ballas. Kyk mooi om jou rond. Bo onder orals.

  7. Ruan Stix Fourie says:

    @Banggat: Al jou verskillende “fans” comment van dieselfde IP adres af.

  1. December 19, 2013

    […] is 'n nudist resort wat verlede week deur twee Britte in Somerset-Wes oopgemaak is. Daar kan jy kaalgat gaan rondloop, tan, swem en die spa besoek met jou totter of muis on show. Maar moet nie dink jy […]

  2. January 8, 2015

    […] nie. Dreigemente wat ek al gekry het omdat ek die spot dryf met rassisme, Afrikaanse-popmusiek (lees maar die comments), onnoselheid of enige onverdraagsaamheid teenoor iets wat jou nie traak nie, pla my nie. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *