Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Red Dead Redemption 2 Launch Trailer

Die week is uiteindelik hier. Vrydag kan ek uiteindelik Red Dead Redemption 2 speel. Die pre-downloads is klaar gedoen (al 88 Gig daarvan) en baie mense sit anstig en wag vir Vrydag. Daar is selfs mense wat verlof ingesit het vir die dag, net om te begin met die 60 ure van missions van Red Dead Redemption 2.

Red Dead Redemption 2 is anders as die ander games

Ek is 100% op die hype train. Guilty as charged. Daar is rede daarvoor. Rockstar games het al die groot meerderheid van my gunsteling games ooit gemaak. Ek kan onthou hoe ek Grand Theft Auto op ‘n vriend se rekenaar gespeel het toe ek op skool was, en hoe sy pa gesê het ons moet weg kom van die rekenaar af en buite gaan speel. Die oorspronklike Red Dead Redemption is loshande een van my gunsteling games ooit gewees. Tussen daardie twee titels en nog na dit, is Rockstar al verantwoordelik gewees vir baie goeie games, en almal is nie GTA nie. Max Payne, The Warriors, Manhunt en Bully, almal Rockstar Games.

Nie net is die Rockstar se games great nie, dit is nie net ‘n reskin van ‘n vorige titel nie. Daar is ‘n rede hoekom daar 8 jaar tussen Red Dead Redemption en Red Dead Redemption 2 is. Geen van daardie “kom ons drop elke jaar ‘n reskin vir nog geld” stront nie.

Enige van julle opgewonde vir die een? Handjies op in die comments.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *