Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Red Dead Redemption 2 game play trailer #2

Oktober 2018 is uiteindelik hier. Vandag is 2 Oktober en dit beteken dat daar nog net 24 slapies oor is voor ek Red Dead Redemption 2 kan speel. Gister (1 Oktober 2018) het Rockstar besluit om my bek nog meer te laat water vir die nuutste titel in die Red Dead series met ‘n nuwe game play trailer. Ja, ons het al ‘n game play trailer gesien van RDR2, maar nou is daar nog!

Ok, het jy dit gekyk? Nie? Voor jy verder lees, kyk die trailer.

Ok. Bly om te sien ek is nie die enigste een wat skuim om my bek het nadat ek daardie video gekyk het nie. Hoe awesome lyk dit? Ek is tans besig om die eerste Red Dead Redemption weer deur te speel op Xbox. Een van die dinge wat ek die meeste geniet is as iemand my geld probeer steel of my perd probeer steel. Dit wil vir my voorkom of daardie tipe situasies baie algemeen gaan wees in RDR2. Daar word ook gepraat van werk saam jou eie gang en ander gangs wat jy teen gaan moet kompeteer. Daar gaan bank heists wees en winkel stick ups, want watse soort western game sal dit wees as jy nie ‘n bank kan beroof nie? Jy gaan stagecoaches ook kan beroof en vele ander klein side missions en aktiwiteite doen anders as die hele story missions volg.

Al wat ek weet is dat ek nie kan wag om weer vir ‘n slag bietjie story driven gameplay te kan kry nie. Multiplayer is fun, maar singleplayer Rockstar games is en sal seker vir altyd my gunsteling games bly om te speel. Beste van alles is, ek het ‘n maand om RDR2 se singleplayer campaign klaar te speel, want die multiplayer launch eers iewers in November. Dink net hoeveel pret dit gaan wees om ‘n ander speler se perd te steel terwyl hy nie kyk nie!

Wat dink jy van Red Dead Redemption 2 se nuwe gameplay trailer? Laat weet my in die comments.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *