Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Vind jou foon, met Google

Ek is ‘n losgat. Dus is dit ‘n goeie ding dat daar allerhande cool nuwe manier ontstaan om jou goed wat jy verplaas weer te kry. Nou kan jy jou foon vind deur sommer net gou “find my phone” te Google. Die catch is jy moet ingelog wees in jou Google (Gmail/YouTube ens.) account en jy moet die nuutste weergawe van Google App (Ja, julle fancy pants Apple ouens kan hom ook kry).

FindMyPhone

Ek het dit vanoggend sommer vinnig getry en dit werk soos ‘n bom. As jou location setting aan het (GPS) dan wys hy jou mooi op ‘n map waar jou jou foon gelos het. As jy wil kan jy jou foon laat geraas maak ook, deur hom op vol volume te laat lui vir 5 minute. As iemand jou foon byvoorbeeld gevat het sonder toestemming kan jy maklik genoeg net jou foon ook block na jy uitgevind het waar jou foon is.

Indien die location settings af is, soos wat myne meeste van die tyd is, dan kan jy steeds die foon laat lui en die foon block, maar hulle sal jou nie wys waar hy is op Google maps nie. All in all dink ek die is ‘n smart feature, meestal oor ek konstant my goed laat rondlê.

You may also like...

1 Response

  1. pisgesig says:

    Baie cool dat dit ook werk sonder dat jou GPS aangeskakel is. Maar then again, jou internet moet ook dan aan wees, myne is nie altyd nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *