Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Taxi Violence vier 10 jaar met 5de album

In Februarie het ek ‘n draai in die Kaap gemaak en Louis Nel (drummer van Taxi Violence) het my na ‘n bier ‘n impromptu invite gegee om te kom insit op ‘n song-writing session by Kill City Blues waar Taxi Violence besig was om te werk aan nuwe material vir hulle vyfde studio album. Ek was honoured en fokken opgewonde op dieselfde tyd.

Taxi Violence TV10 Photo By Vetman Design and Photography

Van links na regs, die ouens van Taxi Violence: Louis, George, Jason en Rian. Foto deur Vetman Design and Photography

Toe ons by die studio aankom het ek die ander lede van Taxi Violence gegroet en ons het bietjie opgevang voordat die ouens en ek in die rehearsal space in is. Ek gaan nie vir jou in te veel detail vir jou probeer verduidelik wat ek gehoor het daardie dag nie. Dit was nog baie raw; George (vocals) het nog nie eers lyrics geskryf gehad vir die songs waaraan die band gewerk het nie. Wat ek jou wel kan sê is dat daar beslis ‘n lekker grunge feel was aan dit wat ek gehoor het.

Dit het my glad nie verbaas nie. Taxi Violence is September maand al vir 10 jaar aan die gang as ‘n band en hulle is nogaltyd bekend vir hulle uit en uit rock sound. Die nuwe album gaan beslis ook hard rock wees en 11 nuwe tracks gaan op die nuwe studio album wees. Die nuwe album gaan in September 2014 vrygestel word en ek kan nie wag nie. Taxi Violence is tans besig met die recording van die nuwe album.

Hier onder is ‘n kort video om jou ook lekker lus te maak vir die nuwe album wat nog ‘n naam moet kry.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *