Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

RAMfest 2014 bring Trivium en Killswitch Engage

RAMfest is duidelik besig om te wys dat hulle Suid-Africa se grootste metal musiek promoter wil wees. Die naweek wat verby is het RAMfest van die international acts watby RAMfest 2014 gaan speel. Trivium, Killswitch Engage, Foals en Biffy Clyro.

image

Ek is bly oor Trivium en Killswitch Engage. Ek ken glad nie Foals nie en Biffy Clyro is bietjie te intouch met hulle emosies na my smaak. Ja, net oor dit ‘n international act is wat Suid-Afrika toe kom hoef jy nie te maak of jy hulle grootste fan is nie. Dit is heeltemal ok om nie ‘n fan te wees van ‘n international band wat Suid-Afrika toe kom nie. Soos ek en Biffy Clyro, not a fan. Ek gaan dus nou maar fokus op die twee bands wat ek like, Trivium en Killswitch Engage.

Trivium

image

Trivium was rondom 2004 een van my gunsteling bands. Hulle album Ascendancy was vir my een van die coolste metal albums wat ek op daardie stadium my hande op gekry het. Daardie album bly ook tot vandag toe nog my gunsteling Trivium album. Die albums wat gevolg het op Ascendancy was nie vir my so sterk nie, meestal oor ek wou gehad het Matthew Heafy moet skree soos hy het op Ascendancy.

Hier is die video vir “A Gunshot to the Head of Trepidation”. Dit is my gunsteling song van die Ascendancy album af. Die guitar solo is awesome.

Killswitch Engage

image

killswitch Engage is een van my gunsteling “melodic metal” bands. Hulle is onlangs deur ‘n vocalist change en al was ek ‘n groot fan van die ou vocalist het ek nog net goeie dinge van die nuwe vocalist gehoor. “Rose of Sharyn” was die eerste song wat ek gehoor het van Killswitch Engage. Nie lank na dit nie het ek die The End of Heartache album vir my gekry en was dadelik ‘n fan.

Hier is die video vir “Rose of Sharyn”

Jammer die post lyk ook tos. Ek is steeds op die iPad. Ek sal al die links en so binnekort fix.

You may also like...

1 Response

  1. July 29, 2014

    […] jaar, Trivium. Ons het so rukkie terug Trivium se nuwe song "Strife". Intussen het ons gehoor dat Trivium Suid-Afrika toe kom vir RAMfest. Die video vir "Strife" is baie cool, veral as jy soos ek dink dat Trivium van die beste guitar […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *