Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Tool – Wings of Mary (Part 2)

Tool is een van my favourite bands. Hulle is verseker in my top twee. As jy nie Tool ken nie stel ek voor jy begin so gou as moontlik daarna luister. Koop sommer Tool se Lateralus album nou. Jy sal nie spyt wees nie.

Hierdie song hier onder kom van Tool se 10,000 Days album af. Ook ‘n great album wat verseker die moeite werd is om jou geld op te spandeer. Die song “10,000 Days (Part 2)” gaan oor Maynard James Keenan se ma se dood. Sy het 27 jaar van haar lewe in ‘n rolstoel deur gebring nadat sy ‘n beroerte gehad het. “10000 days in the fire is long enough, your going home” is van die lirieke uit die song. Maynard se ma was duidelik ‘n groot invloed op sy musiek en sy lirieke.

Asof die storie agter die song nie al klaar genoeg is om jou te oortuig nie, hier is vir jou een. Die is die song met die beste build up van enige song wat ek al ooit geluister het. Net na 05:30 minute in die song in begin die beste musikale werk wat jy moontlik al gehoor het. Van die dromme, tot die guitar en base se ritme, die transitions en alles overall die song is ongelooflik goed. Vanaf die 08:20 raak dinge aansienlik harder en net meer briljant. Wanneer jy die luister maak seker jy speel dit hard. As jy ‘n paar rand het om te spandeer op ‘n CD die maand wat voorlê, maak seker jy koop vir jou een van die twee Tool albums hier bo.

You may also like...

1 Response

  1. December 2, 2014

    […] het 'n groot liefde vir psychedelic rock. Tool is my gunsteling band in die heelal en Queens of the Stone Age volg kort op hul hakke. Die is […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *