Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Puntlose presteerders

Die eerste keer wat ek ‘n Guinness Book of Records gekry het, was ek 15.  Dit was nou in 1999, daai tyd toe mens dinge moet uitredeneer met jou vriende en ouers.  Toe jou ouers nog die “ek is jou ouer so glo my net” defence kon gebruik.  Voor Google nou.  Vir die van julle wie daai tyd nog toddlers was, a.k.a. die “born-free generation” – ons het destyds nog boeke gelees ten einde informasie te kry.  Weird!

Indien jy nog nie een van die jaarlikse Guinness boeke gelees het nie mis jy uit.  Dit is opgedeel in afdelings soos Science, Human achievements, Animal kingdom, Architecture, basies enigiets denkbaar waarvoor iemand bereid was om ‘n rekord op te stel.

Die interessante ding rondom die rekords is dat meeste daarvan onwaarskynlik, ou-vrou-storie-agtig of selfs onmoontlik klink, maar tog deur Guinness geverifiëer word.  Byvoorbeeld, as ek vir jou sou vra hoeveel die grootste burger wat jy in ‘n restaurant kan bestel van ‘n menu af weeg, wat sal jou raaiskoot wees?  5kg?  10kg?  Wat van 74,75kg?  Hierdie $400 bad boy se naam is die “Absolutely Ridiculous Burger” en is uit die aard van die saak te kry in Amerika, by Mallie’s Sports Bar in Michigan.  Bietjie perspektief:  Die gemiddelde Steers burger weeg rofweg 200 gram.  Hierdie outjie is dan gelykstaande aan 370 burgers, so dit kan miskien sinvol wees as jy van plan is om byvoorbeeld 33 krieketspanne te voed met een burger.

burger_1543041i

Die Absolutely Ridiculous Burger

As jy moes raai wat die langste is wat ‘n mens al sonder water of kos lewendig begrawe is, wat sou jy sê?  Hou in gedagte dat die gemiddelde mens so 3 dae sonder water kan oorleef.  So?  5 dae?  Die rekord is 10 dae.  Hy het net in sy genie outfit ondergrond gelê met ‘n pyp in die bek vir suurstof.  Ek neem aan daar was nie tyd vir kamer verlaat nie, so daai klankie moes spesiaal wees na 10 dae.  Hier is die mal fokker:

World record for being buried alive the longest

 

Daar is honderde puntlose Guinness rekords, en ek wou graag uitvind wat die vereistes is om ‘n rekord te breek of op te maak.  Dis nogals heel interessant:

  1.  Kan dit gemeet word?  Met ander woorde, kan dit in ‘n standaardeenheid soos gram, meter, sekondes gemeet word.
  2. Is dit breekbaar deur ander?
  3. Die rekord mag nie slegs moontlik wees by een plek nie.  So jy kannie sê “ek het die meeste pushups gedoen in my kar se agter seat” nie.
  4. Is die rekord verifiëerbaar?  Byvoorbeeld, as jy reken jy hoef nooit te eet nie, moes jy van geboorte af deur ‘n getuie dopgehou word.
  5. Slegs een veranderlike.  Jy kan byvoorbeeld die rekord opstel vir die langste gestaan op een been, maar jy kannie sê jou rekord is “die langste op een been gestaan terwyl die Laerskool Hennopspark se klas van 1992 moonwalk” nie.
  6. Nie te spesifiek nie.  Ek dink ek het dit in nr 5 gedek.
  7. Dit mag nie eenders aan ‘n bestaande rekord wees nie, anders vra hulle jou om daai rekord te breek.

Daar is dus geen sprake van belaglikheid nie, wat die boek interessant maak I guess.  Belaglikheid is seker maar afhangend van jou perspektief, en dis snaaks om te sien met watse goed mense vorendag kom.  Hier is nog ‘n paar treffers:

Swaarste gewig getrek met oogkaste:

Space_Cowboy_fish_hooks

408kg deur ‘n Aussie in Italië eenkeer.  Hy haak, soos jy in die fototjie kan sien, hakies met toue in sy oogkaste en maak die tou vas aan iets wat hy nou optel of sleep.  Wat moet in jou lewe verkeerd loop dat jy begin swaar goed met jou oogkaste trek?

Langste Mohawk:

Mohawk

My Pa was in die weermag vir dekades, en is uit die aard van die saak ‘n relatiewe moeilike mens.  Veral as dit kom by snaakse modes en haarstyle.  Ek wens ek kon my Pa se reaksie sien as hy hierdie man in lewende lywe sien, ek dink dit sal either hilarious wees of hy sal dalk ‘n beroerte kry van woede.  Teen bietjie meer as ‘n meter double hierdie seker as die langste undercut ooit.

En dit bring ons by die laaste, en beslis die mees puntlose, rekord.  Hierdie bra het uitsluitlik die rekord omdat hy die enigste ou is wie nog ooit iets so fokken simpel probeer het:

Spoons

Dit is die ou wie die meeste lepels op ‘n slag op sy lyf gebalansseer het.  Dis nou 53.  In die eerste plek, ek sien nog plek op sy lyf.  En met daai mantiete kon hy maklik nog so 30 of so lepels manage.  En ek sou dit nie juis “balansseer” noem nie.  Hierdie bra is fokken vet, en ek is pretty seker as mens vir ‘n paar dae nie bad nie sit daai lepels maar eintlik net vas aan jou vet, vuil tiete.  Ek dink ook hy kon maar stop by 10 lepels – dis nie asof iemand voor of na die tyd hierdie “rekord” sou aandurf nie.

Daar het jy dit.  Gaan kyk na die 7 vereistes van ‘n rekord en gaan maak een op.  Stuur dit dan vir Guinness – hoe meer simpel en puntloos hoe beter vir die res van ons.  Hopelik word jy dan gefeature in die volgende Puntlose Presteerders!

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *