Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Protection of state information Bill

Dit is orals in die nuus. Daar hardloop klomp mense rond in swart om te wys hulle is teen die POIB. Hoeveel van julle weet eintlik waaroor dit gaan? As jy nie weet nie is dit ok, gevaaalik.com is hier om te help.

As die bill goedgekeur word dan gaan dit die volgende beteken:

  • “Whistleblowers” en joernaliste wat enige geklassifiseerde inligting van die regering aan die publiek bekend maak, sal tot 25 jaar tronkstraf gevonnis kan word.
  • Dit beteken dat niemand staatsinformasie sal kan bekend maak nie, al is dit in die belang van die publiek.
  • Dit sal onwettig wees om enige korrupsie of ander onwettige dade wat deur die regering gepleeg is, uit te wys.
  • Die regering sal informasie moet “declassify” voor enige persoon die informasie mag vrystel aan die publiek.

Met ander woorde informasie wat ons dan sal kry vanaf die government sal so iets lyk: “████ ██ █ ████ everything ███ ███ is███████ ████ fine ████ ███ love, ███████ ███ your █████ ████ government ”

Dit is nie cool nie. Nou weet jy ook waaroor dit gaan en kan jy die regte besluit maak. Kom ons hoop die drolle wat hieroor moet stem maak ook die regte besluit. So dra swart vandag as jy teen die POIB is.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *