Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Pearl Jam Countdown

Pearl Jam countdown clock

Vir die laaste week of wat het Pearl Jam my vasgenaal gehad aan hulle Twitter page, Facebook page en ook hulle website. Juis oor hulle hierdie Pearl Jam Countdown storie begin het. Gisteraand het die eerste timer nul getref en vir ons die datums van Pearl Jam se nuwe toer bekend gemaak saam met die Youtube video wat jy hier onder kan sien.

Ek het vermoed die timer gaan vir ons tour dates bekend maak, maar die rede hoekom ek opgewonde was daaroor is omdat ek gedink het ons mag dalk vir Suid-Afrika op die lys van datums sien. Ongelukkig het hulle toe net die Noord-Amerikaanse datums aangekondig. Daar is nou nog ‘n countdown timer wat begin afloop het toe die vorige een bul getref het.

pearl jam on stage

Wat gaan Pearl Jam bekend maak met die volgende countdown timer? Your guess is as good as mine. Hier is so twee goed wat ek dink kan nog onthul word deur Pearl Jam: 1) ‘n Nuwe Pearl Jam album, die toer wat dan later begin sal natuurlik die toer wees om die nuwe album bekend te stel. 2) ‘n Wêreld toer word aangekonding, vingers gekruis dat ons hulle dan hier in Suid-Afrika ook te sien sal kan kry.

Daar is bietjie meer as 2 dae en 11 ure oor tot die volgende aankondiging van Pearl Jam. Laat weet in die comments as jy ‘n ander teorie het oor wat gaan gebeur as die countdown timer afgetel het.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *