Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Oppikoppi tent Guide – Wat lê in ‘n Oppikoppi tent?

Dit klink vanselfsprekend, maar ‘n tent is ‘n belangrike ding om te hê by Oppikoppi. Granted, daar gaan ‘n paar van julle wees wat miskien dit nie gaan maak tot by jou tent nie, net een aand. Drank is ‘n lelike ding. Net so 2 weke oor voor Oppikoppi en as jy nog nie ‘n tent nie, hier is so paar opsies. Wees slim oor jou keuse, lees ons “Oppikoppi tent Guide”

Tent fail

Die platsak “Ek’s hier om te party, nie slaap nie” tent

Dit gaan koud wees, maar jy gaan darem droog wees. Die Tube Tent is meer iets wat jy sal inpak as jy op ‘n gevaaalike hike gaan en daar ‘n kans is dat jy miskien gaan moet onbeplan kamp opslaan, maar dit werk net so goed vir Oppikoppi. Veral as jy een van die mense is wat glo in die “sleep when you’re dead” mantra.

Survival Tube Tent

Hy kan twee mense vat en vir sy lae prys kan jy amper een koop net ingeval een of ander jockstrap sy tent vergeet en dan offer om met jou lepel te in jou tent. Dan kan jy vir hom die tube tent gee en sê hy moet lekker slaap. Ek het een jaar my tent se pale vergeet en toe het twee vriende geoffer dat ek by hulle slaap. Ek het net een aand gehou voor ek na my kar toe geskuif het. Ek sou vier keer die prys betaal het vir ‘n Tube Tent as wat hy kos. Kar slaap is baie ongemaklik.

Jy kan die Tube Tent vir jou, of vir ‘n agterlosige vriend koop vir R97, hier.

Die “Eks nie lui nie, ek werk slim” tent

As jy by Oppikoppi aankom gaan jy verseker jou tent so vinnig moontlik wil opgeslaan kry. Kry dit uit die pad uit en dan is dit gedoen. Veral as dit besig is om donker te word, om tent in die donker op te slaan is nie baie lekker nie. Gelukkig is daar deesdae tent wat baie min werk is om op te slaan, 1 minute dan sit jy langs die vier en drink ‘n bier. Switf pitch tente slaan hulself op.

OzTrail Swift Back 2

Al wat jy moet doen is die sak uit jou tent haal en hom neersit op die grond. Miskien vaskap met ‘n pen of twee en jy is klaar. Kom osn wees eerlik met mekaar: Die enigeste hurricanes wat daar by Oppikoppi gaan wees is die babbelas hurricanes van te veel Cane.

Bargain buy 2 man tent: OzTrail Swift Back 2 vir R449

Groot boetie 3 man tent: OzTrail Swift Pitch 3 Tent vir R999

Die “Geen klas soos die middelklas” tente

Jy is most likely, soos ek, uit die noorde van Pretoria, of die Weste, die Moot, heel likely van die ooste. Of jy kom van die Wes-Rand, Oos-Rand, diep suide. Miskien kom jy al die pad van die Kaap af, ‘n Afrikaanse suburb, middelklas. Jy wil gemaklik slaap en net ‘n tent hê wat jy elke jaar vir Oppikoppi en miskien nog een ander music festival kan gebruik. Hier is die average tent wat goed genoeg is vir meeste mense. Jy is net by Oppikoppi om te lewe.

Middelklas tent

Ja, jy gaan meeste van jou tyd by Oppikoppi buite jou tent spandeer. Langs die kampvuur saam met nuwe vriende, voor die stages saam met jou gunsteling band, by top bar besig om acoustic tunes te geniet saam ‘n bier. Tog is dit lekker om ‘n lekker gemaklike plekkie te hê om jou kop te rus vir so paar uur sodat daar more nog harder geparty kan word.

Die epitoom van middelklas: Medalist Sahara 2 Man Tent teen ‘n goei prys R328

Die spacious middelklas opsie: OzTrail Tasman 3V Tent vir die upper-middelklas prys van R749

Meer Oppikoppi tips:

Dankie aan die van julle wat prep vir Oppikoppi met goed koop op kalahari.com deur die links op gevaaalik.com. Alles hier bo het free delivery en word gewoonlik binne 24 uur afgelewer. Ek het julle gesê dit is beter as om na ‘n shopping mall te gaan.

You may also like...

1 Response

  1. July 21, 2014

    […] nie laat jou tent jou in die steek laat nie. Die Oppikoppi tent guide sal jou […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *