Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Oppikoppi Bewilderbeast: Harde Musiek oorheers Saterdag

Saterdag oggend het ek uit my tent gekruip en ek het minder vars gevoel as Vrydag oggend. Ek het besluit dat dit defnitief is omdat ek nog ‘n dag se vuil op my het. Oppikoppi Bewilderbeast was nie so stowwerig soos van die ander jare se Koppies nie, maar daar is altyd stof. Ek vang elke dag ‘n wet-wipe shower in die oggend some time as ek ‘n skoon boxer aantrek, maar dit is net nie ‘n stort nie.

Na ons breakfast cheese grillers gebraai het, het ons besluit om dit te tand op ‘n hotdog roll. Die hotdog rolls word op die stadium die beste deur Dewald beskryf as: “Fokken eend buns. Die tiepe buns wat net ‘n eend op ‘n parkie dam sal eet.” Maar ons was honger en tamatiesous maak alles beter, so ons het geëet. More klap ons ‘n regte breakfast as ons deur Brits ry.

Ons het om die vuur gesit en kak praat soos mense gekom en gegaan het. Elke mens op sy eie mission. Dit het gevoel asof daar iets in die lug was, so asof almal probeer om voor te berei vir wat kom. Die high van The Narrow en Deftones en dan die inevitable oppak en post Koppi-blues. Die manier hoe ek dit hanteer het was om net te bly sit en kuier om die vuur.

Na Jarryd terug gekom het van ‘n ys run na Northam het ek en hy ons goed gepak en besluit om na die media/artist area te gaan vir ‘n stort en miskien ‘n kuier op die troon. Fokket ek hoop die toilette daar lyk beter as die toilette waarmee ons gewoonlik deal by Oppikoppi. Ons het ons pad deur Mordor gemaak en ek was verlig om te sien dat dieselfde energie wat in ons kamp was by almal anders ook was. Almal weet wat kom; Amper asof daar ‘n stowwerige wederkoms oppad is.

Ons was amper halfpad na die storte toe, toe Jarryd my vra of ek sukkel want ek is stil. Ek het vir hom gesê ek is fine, miskien bietjie getrek en defnitief gerook, maar fine. Die waarheid was dat ek nie fine was nie, my kop was besig om oortyd te werk. Ek het soveel moontlik probeer inneem as wat ek kan, genoeg om my vir ‘n jaar te hou. Dit is onmoontlik om Oppikoppi te beskryf aan iemand wat dit nog nie beleef het nie. Dit is iets wat almal een keer moet try. Daar is altyd ‘n deel van my wat wil bly by Oppikoppi, wat wil hê dit moet aangaan vir nog ‘n dag of twee. Dan is daar ook die kant wat wil huistoe gaan en stort, eet, slaap, skoon wees. Dit is die latter wat besig was om my te trek na die storte toe.

Jy moet Oppikoppi een keer beleef

Die wonderlike plek wat Oppikoppi is. Foto Henno Kruger

Daar was nie ‘n lang ry by die storte nie en ons was vinnig in en vinnig uit. Koue stort, tande borsel en hare en lyf was met die shampoo samples wat een of ander shampoo mense uitgedeel het. Hulle marketing suck by the way, want ek kan nie onthou wie hulle is nie, maar thanks vir die shampoo. Toe ek uit die stort kom wag George van der Spuy buite. Ons chat vinnig terwyl ek my skoene aantrek. Hy het die trein gery, Goodnight Wembley se show was lekker, geniet die res van Oppi, cheers.

Na ons storte het ons terug gestap na ons kamp toe. Toe ons omtrent 800m van ons kamp af is het ek besef ek het nooit gebruik gemaak van die skoon toilette nie. ‘n Veldtie en wet-wipes was op die kaarte. Na dit afgehandel is het van ons weer in die rigting van die stages beweeg. Ons het rondegeloop, shots gekry ens. Voor ons weer terug is na die tente toe om ons laaste rus kans te vang voor ons na die stages gaan en dan eers sal terug kom na Deftones.

Toe ons by Wesley’s Dome aankom voor the Narrow se show was daar al moer baie mense. Dit is duidelik dat The Narrow nogsteeds een van Suid-Afrika se gunsteling bands is. Hulle show was great, die perfecte pre-Deftones show. The Narrow is pioneers in Suid-Afrikaanse rock en jy kan sien die ouens is al lank in die game, hulle is tight.

Deftones, o die Deftones. Ek was opgewonde oor die een, en ek was nie teleurgestel nie. Teen die einde van die show was my rug seer want hulle het ‘n lang set gespeel, baie lank. Ek het actually Maandag Tweets gesien van mense wat kla dat dit boring geraak het want die show is nou te lank. Miskien as jy die show kyk en ophou rondfok op Twitter sal jy dit meer geniet fuckface. Chino Moreno is ‘n baie beter frontman as wat ek verwag het, sy klein Mexican dans moves oor Deftones songs was cool. Hy het ‘n paar keer reg teen die crowd gestaan, hy het ‘n funnel uit die crowd gevat en die funnel gebruik op stage, hy het seker 4 mics verwoes deur hulle in die grond vas te moer, dit was awesome.

Chino Moreno van Deftones foto deur Sean Brand

Chino Moreno doen sy ding saam met die Deftones, funnel op die rug. Foto Sean Brand

Die ding wat my die meeste verbaas het van Deftones is hulle drummer Abe Cunningham. Goeie fok die ou kan drum en hy doen dit soos ‘n bawler. Daar is ‘n fan wat heeltyd op sy gesig waai, maar ek kan verstaan dat hy dit sal nodig hê met hoe hard hy sy drums moer. Die ou ken obviously die drums baie goed. Hier is so klein video van hom waar jy so bietjie van Deftones en Abe in aksie sien.

Ek moet erken dat Deftones se set list van songs vir my ‘n baie vreemde keuse was. Hulle het nie so baie van die meer gewilde goed gespeel nie. Jarryd was byvoorbeeld baie omgekrap oor hulle nie “Minerva” gespeel het nie en ek wou graag “Back to School” sien, maar daar was ander wat ek wou hoor wat hulle wel gespeel het soos “Change (In The House of Flies)“. Dit was ‘n lang set, maar dit was vir my die perfekte manier om Oppikoppi Bewilderbeast af te sluit.

Na die show was Jarryd, Adeline en ek die laaste 3 om die vuur. Ons het terug gekyk op Oppikoppi Bewilderbeast, die goeie en die slegte. Dit was ‘n goeie een, behalwe vir die diefstal het die Oppi verseker vir ons beter behandel as laasjaar se Oppikoppi. Dit was ook nie so koud in die aand soos dit gewoonlik is nie. Nou is dit bietjie minder as ‘n jaar voor die volgende Oppikoppi. Ek sal julle weer sien volgende jaar, maar die keer bring ek landmyne saam vir die skelms.

Lees oor die ander Dae van Oppikoppi Bewilderbeast hier:

Oppikoppi Bewilderbeast: Bewilder Donderdag – Ons is hier

Oppikoppi Bewilderbeast: Die Vrydag Skelms

You may also like...

2 Responses

  1. August 14, 2013

    […] Oppikoppi Bewilderbeast: Harde Musiek Oorheers Saterdag […]

  2. January 23, 2017

    […] of my own pocket. So even though I can get cool Instagram shots at your festival, even though I can write some great content for my blog audience to read, even though I can vlog the whole festival on my YouTube channel, even […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *