Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

This is Charlotte

Dit is geen geheim dat ek pro-dagga is nie. Ek is nie pro-dagga omdat ek wil sit en heeldag gerook raak nie. Tog met dit gesê as dit nie vir dagga was nie sou gevaaalik.com tien teen een nie bestaan het nie. Ek is pro-dagga omdat dit geen sin maak dat dit onwettig is nie. Daar gaan elke jaar meer as 450 000 mense dood van alkohol verwante oorsake. Raai gou hoeveel mense is al dood van dagga? Nul, nie ‘n enkele fokken een nie. Tog kan ek nou oor die straat loop en ‘n bottel cane koop. Dit is hoekom ek This is Charlotte met julle wil deel.

Behalwe vir die ekonomiese redes om dagga wetting te maak is daar natuurlik ook die mediese redes. Soos kyk byvoorbeeld die storie hier onder van Charlotte. En dit is net een voorbeeld uit duisende. Dat iets wat so baie mense so maklik kan help onwettig is, is bewyse dat die mense wat goed beheer nie ‘n idee het wat hulle doen nie. Dit, of hulle is net assholes.

This is Charlotte

This is Charlotte

Charlotte Figi het haar eerste seizure gehad toe sy net 3 maande oud was. Oor die maande wat gevolg het het Charlotte gereëlde seizures gehad wat soms vir tot 2-4 ure gehou het en sy was gereëld opgeneem in die hospitaal.

Charlotte's Web 2

Teen die tyd wat Charlotte 3 jaar oud was het sy plus minus 300 grand mal seizures (die tiepe wat gepaard gaan met epilepsie) ‘n week. Sy het laterhand die vermoê om te loop, praat en eet verloor.

Charlotte's Web 3

Die seizures was so erg dat Charlotte se hartjie ‘n hele paar keer ophou klop het. Dokters het besluit om haar onder ‘n chemically induced coma te sit om haar klein lyfie ‘n kans te gee om te rus.

Charlotte's Web 4

Haar pa, Matt Figi, het ‘n soortgelyke geval gekry op die internet waar medical marijuana (dit is nou dagga) gehelp het met ‘n klein seuntjie se seizures. Haar familie het besluit om dit ‘n kans te gee.

 

Charlotte's Web 5

Die Figi familie het gehoor van die Stanley broers, een van Colorado se grootste dagga groeiers en dispensary (soos ‘n dagga apteek) eienaars. Die broers was besig om ‘n strain van dagga te ontwikkel wat laag is in THC, die deel van dagga wat jou hoog maak, maar hoog is in CBD, die deel met baie mediese gebruike.

Charlotte's Web 6

Die Stanley broers het die Realm of Caring Foundation begin, ‘n nonprofit organization wat dagga verskaf aan mense en kinders wat lei aan klomp verskillende siektes wat behandel kan word met dagga. Hier is Josh Stanley (regs) saam met Dr. Sanjay Gupta terwyl hy ‘n toer kry van hulle een groei plaas.

Charlotte's Web 7

Die eerste keer wat Paige Figi haar dogter Charlotte cannabis oil gegee het, het klein Charlotte vir 7 dae lank nie ‘n seizure gehad nie.

Charlotte's Web 8

Die dagga strain wat gebruik word deur Charlotte en 41 ander mense om hulle siektes te behandel is vernoem na Charlotte. Die strain word Charlotte’s Web genoem.

Charlotte's Web 9

Deesdae gaan dit beter met Charlotte as wat dit al ooit met haar gegaan het in haar kort lewe. Haar seizures is af tot 2 of 3 ‘n maand en gebeur omtrent net terwyl sy slaap. Sy loop weer, kan weer self eet en praat elke dag meer sê haar ouers.

Charlotte's Web 10

“I literally see Charlotte’s brain making connections that haven’t been made in years,” sê Matt Figi van sy dogter. “I want other people, other parents, to know that this is a viable option.”

Noem my maar ‘n dagga kop of ‘n hippy, guilty as charged. Doen my net een guns: Ek vra nie baie mense om posts vanaf gevaaalik.com te share nie. Maar share asb die post op Facebook, Twitter of enige ander plek. Mail die link na jou vriende. Daar word vir ons gelieg en daar is mense wat suffer omdat daar vir ons gelieg word.

You may also like...

1 Response

  1. August 13, 2013

    […] sou 'n kompleet doos gewees het as ek nie die met julle gedeel het nie. Veral na die stuk "This is Charlotte" van vanoggend. Soms bum ek julle uit en ander kere maak ek julle bly. Die is een van daardie kere […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *