Nuwe Pearl Jam album oppad
Lekker laat Sondag post. Ek het Vrydag al geweet van die nuwe Pearl Jam album wat hulle aangekondig het via ‘n countdown op hulle website, maar was ongelukkig oppad iewers heen en kon nie die post doen nie. Die nuwe album se naam is Lightning Bolt en die jy kan die eerste single, “Mind Your Manner”, van die album af luister hier onder. Die aankondiging van die nuwe album kom kort nadat Pearl Jam die datums vir ‘n Noord-Amerikaanse toer so week of wat terug bekend gemaak het.
Daar is nou nog een countdown aan die gang op Pearl Jam se website. Hy hardloop uit in 92 dae. Met die vorige countdown het ek ‘n nuwe album of ‘n wereld toer geraai vir die aankondiging. Lightning Blot tref ons nou 15 Oktober 2013 en jy kan al klaar die album preorder op iTunes.
Kom ons hoop oor 92 dae kondig Pear Jam hulle wereld toer aan en dan is Suid-Afrika ook deel van die toer. Dit is lankal tyd dat ons hulle in Suid-Afrika te sien kry. O, en ek weet nie of ek alweer ‘n trek te veel gevat het nie, maar klink “Mind Your Manners” nie so hier en daar soos Springbok Nude Girls nie?