Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

The Black Keys – Little Black Submarines

Ek is seker dat baie van julle die familiar is met The Black Keys. Die El Camino album was op repeat in my kar tot ek gister vir my Death By Sexy gekoop het van Eagles of Death Metal. Ja, iTunes is stadig maar seker besig om my finasieël te breek. Ten minste gaan ek ‘n boemie met fokken awesome musiek op my iPod wees.

As daar een song is wat uit en uit wys tot wat The Black Keys instaat is, is dit “Little Black Submarines”. Die track begin rustig, baie rustig. Dan as dit die halfpadkerf tref kom die rock uit. Ek kry nou nog hoendervleis as ek na “Little Black Submarines” luister. Dit is een van daardie tracks waarna ek nog vir baie jare gaan luister.

Hierdie is nie die actual video vir die song nie. Net die song. Enjoy.

You may also like...

1 Response

  1. March 25, 2014

    […] week vrydag het The Black Keys hulle nuwe album aangekondig. Hoe sal jy nou vra? Jy wat Vrydag 'n vakansiedag gehad het en heeldag […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *