Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Nasionale Braaidag

Nasionale Braaidag is great vir twee redes. Een, jy kry die dag af van werk af om te braai. Twee, gevaaalik.com vier ons verjaarsdag op Nasional Braaidag. Ja dit is reg, gevaaalik.com het op 9 September 2 jaar oud geword.

gevaaalik.com se familie word ook groter vandag. Ons kry ons eie suster site. Kombination.co.za is die eerste van wat hopelik nog gaan verander in ‘n klomp sites wat almal deel vorm van die gevaaalik.com familie. Wat maak Kombi Nation anders as gevaaalik.com? Dit word deur ‘n jong dame gerun, Miss Jade Soul. Ons groei. Ons het nou ‘n podcast en sommer ‘n suster site en elkeen van julle het gehelp om ons daarheen te druk deur gevaaalik.com te ondersteun.

Dankie vir al julle ondersteuning. Ek het dit al gesê, maar ek kan dit nie genoeg sê nie. As dit nie vir ons lesers is nie sal daar nie ‘n gevaaalik.com wees nie. Op daardie noot: In die artikel hier onder gaan daar ‘n paar links wees na cool braai items op kalahari.com. As jy besluit om een van die items te koop en click op die link kry gevaaalik.com ‘n paar pitte om te help betaal vir ons Nasionale Braaidag dop. Ek sê dit net sodat julle weet en nie dink ek probeer julle om die bos ly nie.

Wat jy kort vir die ultimate Nasionale Braaidag

Die heel eerste ding wat jy kort vir die beste Nasionale Braaidag is goeie vriende. Ongelukkig kan ek jou nie help om goeie vriende te kry nie, jy moet dit self doen. Gelukkig is jy ‘n slim mens (ek weet dit want jy lees gevaaalik.com) so jy sal die taak kan hanteer. Dit is maklik, jy weet van wie jy hou en van wie jy nie hou nie. Jy weet wanner iemand ‘n doos is en jy weet wanner iemand nice is. Maak seker jy spandeur jou Nasionale Braaidag net saam met nice mense van wie jy hou.

Jy kort ‘n braai. ‘n Groot braai, ‘n klein braai, ‘n gas braai (al is dit kroek) enige braai. Dit is after all waaroor die dag gaan, so braai gaan jy braai. Of dit nou ‘n Webber is en of dit ‘n braai is wat jy self gebou het maak nie saak nie. Solank jy vlamme gaan hê om jou vleis oor gaar te kry sal jy fine wees.

Jy kort ‘n tang. Niemand wil hê jy moet jou vuil vingers waarmee jy jou hol krap gebruik om hulle vleis te draai nie. Kry sommer vir jou ‘n braai toolbox. Dit het ‘n tang, ‘n staal borsel om die rooste meer skoon te maak en ander cool goed wat jou braai net makliker gaan laat verloop.

Nasionale Braaidag

Baie ouens sê ‘n voorskoot is net vir dames. Ek sê dit is ‘n great plek om jou hande af te veel. Dit help ook om my klere skoon te hou tussen al die gesuip deur. Dit hoef nie ‘n fancy voorskoot te wees nie, kry sommer ‘n cheap voorskoot en moer die ding aan die einde van die dag weg na jy jou kots opgevee het met hom.

Ander noodsaaklikhede vir ‘n lekker braai is drank. Jy kan drink wat jy wil, maar as jy gasheer of gasvrou is dan is dit net goeie maniere om een of twee bottels shooters te hê. Kies self wat jy wil kry en maak seker jy vorseer elke gas by jou braai om ‘n shot te drink sodra hulle by jou voordeur in loop. Behalwe as dit ‘n pregnant dame is, drank is sleg vir baba’s hoor ek.

Musiek is nog ‘n deel wat jou braai kan maak of breek. Jy moet besluit gaan jy musiek speel om te rave to the grave of gaan jy musiek speel wat almal sal geniet in die agtergrond. As jy wil rave to the grave kry Monser Hits 3, Vengaboys of enige ander zef techno dance musiek. As jy net cool musiek wil luister kry Fokofpolisiekar, Smashing Pumpkins, Queens of the Stone Age, Foo Fighter of iets in daardie rigting. Niks te hard nie, behalwe as julle almal metal heads is.

Geniet Nasionale Braaidag en cheers aan almal van julle op gevaaalik.com se verjaarsdag en Kombination.co.za se geboorte!

You may also like...

2 Responses

  1. BaasDeBeer says:

    Happy Barfday!

  1. September 12, 2013

    […] Nasionale Braaidag is vir elke Suid-Afrikaner 'n big deal. Dit is die een dag 'n jaar waar jy afkry by die werk net om te braai. Vir ons hier by gevaaalik.com is dit ook 'n groot dag vir meer as net die braai. Dit is ook die dag wat ons gevaaalik.com se verjaarsdag gaan vier/vuur. Eintlik is gevaaalik.com se verjaarsdag op 9 September, maar die gevaaalik.com crew het op Nasionale Braaidag die eerste keer die idee gekry vir gevaaalik.com. Die res is fokken geskiedenis. […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *