Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Bederf jou dame met date night by Pride of India

Die vroulike geslag verwag nie veel van ons mansmense nie. Oor die algemeen wil hulle maar net weet dat ons heeltyd aan hulle dink, en niks anders nie. Dit is hoekom hulle so aangaan oor romanse en spontanious wees. Want as jy romanties is dan dink jy mos aan vroulief. As jy spontaan besluit om jou dame uit te vat vir ‘n fancy ete, dan dink jy mos aan haar. Al is dit nie regtig spontaan as jy heeltyd aan haar dink nie, maar wie weet hoe werk hulle koppe eintlik? Wat ek jou wel kan sê is dat Pride of India restaurant in Pretoria dit nou effe makliker gemaak het vir ons ouens met hulle Date Night.

Pride of India Date Night

Dit is glad nie dat ek nie spontaan wil wees nie. Ek is ook nie gekant teen romanse nie. My kop werk net nie so nie. Ek kort hulp as dit kom by romanties wees, of ‘n date night reël. Gewoonlik is die safe bet vir my om maar met een van my vrou se vriendinne te praat sodat ek kan hoor wat soek sy vir haar verjaarsdag of ons anneversary. As ek ‘n date night wil reël dan moet ek maar die vriendinne sms om te hoor wat is die move. Nou dat ek so daaraan dink is dit ‘n wonderwerk dat my vrou ooit met my iets te doen wou hê.

Gelukkig het Pride of India nou elke Dinsdag wat hulle noem Date Night. Wat die Date Night is, is eintlik ‘n kans vir ons ouens om bietjie brownie points te werf, sonder dat jy ‘n vinger hoef te lig. Ja, jy gaan natuurlik moet betaal daarvoor maar liefie sal sommer liewer vir jou wees as jy haar bederf met ‘n lekker ete by ‘n fancy restuarant. Pride of India is een van daardie fancy restaurante.

Bederf jou beter helfde, sonder om platsak te word

Ek gaan nie vir jou lieg nie: Ek vat my vrou nie sommer uit na duur plekke toe nie, want ek is cheap. Ek sou graag wou eet asof geld nie ‘n kwessie is nie, maar geld is ‘n kwessie. Dus kyk ek gewoonlik na plekke soos Pride of India asof dit iets is vir net die mense wat in Woodhill Estate bly. Date Night het daardie game heeltemal verander. Nou kan ek my vrou uit vat vir ‘n lekker aand se ete (starters en main) plus ‘n bottel wyn (wit of rooi) vir net R550.

Hier is die trick, liefie hoef nie eers te weet jy is eintlik weer besig om cheap te wees nie. Al wat sy gaan weet is dat jy haar vat na ‘n restaurant en dit is nie die Spur soos wat jy gewoonlik doen op date night nie. Vir jou R550 kry jy die volgende:

Starter: Onion Bhajia, uie in ‘n heerlike batter, gebak in olie. Nee, hierdie is nie soos daardie walglike “onion rings” wat jy love by die Spur nie. Hierdie is bolle uie wat gebak is in olie en dit is so lekker dat jy heeltemal te veel daarvan gaan eet en dan gaan sukkel om jou main course klaar te eet.

Main: ‘n Verskeidenheid kerries, butter of garlic naan (dit is nou ‘n tipe brood vir die van julle wat nog nooit Indian geëet het nie) en natuurlik rys. Jy kry vier verskillende kerries, naamlik Chicken Kurma, Fish Madras, Rogan Josh en Palak Paneer. Hier is die ding van al hierdie kerries, hulle almal is moer lekker. Die enigste probleem wat ek en my vrou hier gevind het is dat dit eintlik heeltemal te veel is vir net twee mense. Veral as jy soos ek 4 van die Onion Bhajia geëet het. Die goeie nuus is dat daar soveel kos oor was dat ek die volgende dag nog lunch gehad het ook.

Wyn: ‘n Bottel wit of rooi, jou keuse. Ek en my vrou het gegaan vir rooi want ons is rooiwyn mense. Maar jy kan kies tussen ‘n Protea Shiraz/Merlot of ‘n Durbanville Hills Chenin Blanc.

Alles vir net R550.

Pro tip vir jou Date Night

Ek stel voor jy bel Pride of India om vir jou en liefie ‘n tafel te bespreek vir Date Night een Dinsdagaand. Wanneer jy hulle op die foon het, probeer sommer uitvind of jy kan betaal vir jou Date Night via EFT dan hoef liefie nie eers te weet wat dit gekos het nie. Wanneer jy vir jou vrou/meisie sê jy gaan haar uit vat vir ete na ‘n fancy Indian restaurant kan jy sommer ook sê dat jy klaar vooraf gereël het vir ‘n fancy spul dusse om van te eet. Dus moet sy net saam kom en haarself geniet. Maak seker dat jou beter helfte se wynglas heeltyd vol is (‘n paar Rand in die waiter se hand as die aand begin behoort die job te doen) en as jy weer sien gaan julle bed skud soos die aand toe julle mekaar ontmoet het.

All jokes aside, ek kan regtig Pride of India se Date Night aanraai. Die kos is ongelooflik. Die Rogan Josh het die sagste lam vleis in gehad wat ek al ooit getand het en die Palak Paneer het heeltemal verander hoe ek oor die dus voel. Hulle naan brood is ook die beste wat ek al ooit geëet het, en ek is ‘n groot fan van naan. En vir net R550 kan jy soos ‘n boss inloop en uitloop by ‘n restaurant wat al die volgende erkennings gekry het:

Beeld peoples choice Best Indian Restaurant (1999- 2013)
Pretoria News Best Indian Restaurant (1998-2012)
Chaine Des Rotisseurs
Voted top 10 restaurants in Pretoria
Voted Best Butter Chicken
Wine Magazine Top 100 restaurants
Top 100 best wine list 2012
Superior Choices 2004 Platinum Selection
Diners Club Merit Award for 1999, 2000, 2001
Diners Club Platinum Award 2002
Diner’s Club Wine List of the Year – Gold Award 2006, 2007 & 2008

P.S. as jou dame lus is vir nog ‘n drankie na ete, kry vir jouself ook iets. Ek stel voor jy kry die LaTrappe Blond want dit is een van die lekkerste biere wat ek al ooit gedrink het. En as jy daar kom, vra vir Mitch, die eienaar en hoof-chef, en sê vir hom jy is daar oor gevaaalik.com en ek het gesê as jy dit sê gaan jy ‘n free LaTrappe Blond kry. Hy gaan vir jou sê ek het gelieg, maar miskien raak jy lucky.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *