Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Moot Kat gee advies oor die lewe

Moot Kat is ons go-to dame vir advies, oor enige ding. Sex, drugs, die lewe oor die algemeen, gee vraag kan nie beantwoord word nie. As jy ‘n vraag het vir die Moot Kat, los dit net hier onder in die comments. Maar wees maar reg vir ‘n reguit antwoord, sy vat nie kak nie.

funny-Married-With-Children-Peg

Miere onder sy vel wil weet:

Moot Kat,

Ek sit met ‘n panarie. Ek is nie happy met hoe my lewe gaan nie. Ek is 26 en ek weet nie of ek regtig hou van my werk nie. Ek voel ook of ek meer adventure kort in my lewe. Dit voel asof die lewe myverby gaan. Al my vriende kry kinders en wil net huis huis speel nou.

Is dit net ek? Moet ek fokof en oorsee gaan bly vir ‘n paar jaar? Moet ek probeer om iets waarvan ek regtig hou ‘n job te maak?

Groete,

Miere onder my vel

Moot Kat help met advies:

Liewe Miervreter,

Inniglik jammer dat ek nou eers na jou toe terugkom. Ek hoop darem jy’t nog nie die loodpil gesluk intussentyd nie.

So, here goes. Een van jou eerste probleme, jy gebruik die word panarie. Daar’s kinders wat nie kos het nie en kak jy weet. Tweedens; as jy voel jy’t kinders, kak doeke en drama nodig vir adventure is jy meer gefok as wat jy dink. Ag jouself as one of the lucky ones. Jy’s ongelukkig met jou werk- doen aansoek vir ‘n ander een, even in ‘n ander stad- jy’t nie kinders of die huis-huis problem wat jou iewers hou nie.

Kort meer adventure? Sit verlof in en gaan swem saam ‘n haai, of dolfyn. Whichever rocks your boat? Jy’t nie ‘n vrou/man wat vir jou gaan sê jys onverantwoordlik of selfsugtig nie. Even better, jy kan jouself soos ‘n kind ook gedra. Op daardie manier hoef jy nie een te maak nie.

Min mense ons ouderdom het shit figured out. Ding is, daar’s nogsteeds baie tyd, dit mag dalk nie so vir jou voel nie, maar jy het. Jy kan more ‘jou person’ ontmoet en huis-huis speel soveel jy wil. OF, jy kan jou gat mooi antrek, uitgaan en jouself geniet.

He ‘n babelas more, wees selfsugtig, maak wat jy wil, ‘vind jouself’ as dit jou ding is. NOU, is die enigste tyd wat jy dit kan, en veronderstel is om te doen. Volgende jaar die tyd gaan al jou vriende wat hulle kak bymekaar het, hulle kak stadig maar seker begin verloor weer want God alleen weet ek sal myself in die maag steek as ek nou moet ‘settle’.

Kry ‘n buddy of 3 en saai verwoesting! Orals waar jy gaan. Elke keer!

Groete,

Moot Kat

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *