Mastodon – Curl Of The Burl
Mastodon se “Curl Of The Burl” is presies wat ons kort na gister se tragedie met Deon Esterhuizen. Ek sal maar dat my Satanistiese (Soos Deon se enkele fan dit genoem het in sy comment) musieksmaak die dag red. En oor my musiek kamstig deel is van die duiwel se music collection, dink ek nie daar is iets beter as om vir Deon weg te blaas as metal nie.
Fighting out of the red corner: Mastodon
Mastodon is ‘n Amerikaanse heavy metal band uit Atlanta, Georgia. Mastodon het al 5 vol lengte albums uit. Leviathan, die 2004 concept album wat gebaseer is op die boek Moby Dick, is benoem as die album van die jaar deur Kerrang! Mastodon het ook al twee Grammy Awards gewen; 2007 se Best Metal Performance en 2012 se Best Metal/Hardrock Performance vir die song hier onder “Curl of the Burl”
Mastodon het ook al twee keer perform op die Late Show with David Letterman. Die band se eerste single van die Blood Mountain album af, “Capillarian Crest” was deur Rolling Stone as nommer 27 benoem in die tydskrif se Top 100 Songs of 2006. Hulle doen heavy riffs en bluesy licks saam soos geen ander band kan nie, dalk hoekom hulle so groot naam in Metal is. Lyk my die duiwel kyk mooi na sy kinders.*
Fighting out of the blue corner: Deon Esterhuizen
Deon maak creepy music video’s in sy spaar tyd. Ek het alles mooi verduidelik gister. Daar is nie veel meer as dit om te sê nie.
Ek dink ons almal weet wie wen die fight.
*Moet tog nie alles so ernstig op vat nie. Dit was ‘n grap, ek vat niemand se geloof aan nie. Die lewe is baie meer fun as jy die snaakse aspekte in goed soek. Hou op fokus op die negatiewe, jou naai.
Dankie Stix! Hierdie is baie beter! Apology accepted