Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Marilyn Manson en Johnny Depp maak nog ‘n video

Marilyn Manson se nuwe album is al vir’n hele rukkie uit. “SAY10” is een van die singles van Heaven Upside Down af wat meer van ‘n oogknip gee aan Antichrist Superstar -era Marilyn Manson. Die song is sonies baie meer sample heavy as baie van sy nuwer musiek. Heaven Upside Down is ‘n great album, veral as jy ‘n groot Manson fan was voor 2007 se Eat Me, Drink Me.

Dit wil voorkom of Johnny Depp en Marilyn Manson ook deesdae meer tyd saam spandeer. Nou dat Depp geskei is het hy meer tyd op sy hande. Johnny Depp is sover in albei die videos vanaf die Heaven Upside Down album. Eers was dit “KILL4ME” en nou is dit “SAY10”. Nou het Manson selfs al getweet dat Johnny Depp dalk by sy band gaan aansluit:

Nou, hierdie mag dalk net ‘n Absinthe en drug fueled tweet gewees het wat oorsprong gevind het in een van Johnny Depp en Marilyn Manson se kuieraande, maar die idee is nie onmoontlik nie. Depp het al in die verlede die verhoog betree saam met Manson, en al het Depp onlangs ‘n hele spul geld verloor in sy egskeiding dink ek nie daardie Pirates of the Carribian-geld gaan binnekort klaar wees nie.

Sal Johnny Depp Manson se nuwe guiarist word?

Only time will tell. Dit lyk beslis of die twee dit tans geniet om saam te werk, en hulle is al vir jare vriende. Wat dink jy? Gaan Depp die Manson band join? Laat weet in die comments.

Loading…

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *