Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Malema word in die bek geruk

Gister het die gelykheidshof beslis dat die woorde “skiet die boer” (wat die ongepoetste en ongemanierde Julius Malema so gereeld gebruik) geklasifiseer word as haatspraak. Can I get a fucking hooray? Ek wonder hoekom die hooggeleerde mense nou eintlik ‘n hof nodig gehad het om die uitspraak te maak, want dit was van die begin af so duidelik so daglig.

Afriforum het hulle tweede saak teen die vent gewen en het gesê dat hulle hom weer sal aanvat indien hy appèl aanteken. Ek sou ook vol moed gewees het as ek my vyand twee keer in ‘n ry so maklik verslaan het.

Julius is in dieper kak as wat hy besef. Hy het gister sy saak teen Afriforum verloor, die Valke is op sy voorstoep en die ANC is besig met ‘n interne disiplinêre verhoor teen die Graad 12 houtwerkleerling. Nie net is hy geseën met die lelikste bakkies in Afrika nie, maar hy het die swakste breinselle ook gekry. Die bra weet duidelik nie waar om te stop nie. Saterdag het hy weereens sy bek gerek en bekend gemaak dat hy en die res van die ANC-Jeugliga ‘n ekonomiese oorlog teen die wit minderheid van die land gaan veg. Hou net gou aan. Waste doos wil oorlog hou teen ‘n minderheidsgroep? Die arme kont is geïntimideer deur die “wit minderheidsgroep”. Kan jy dit nou oorvertel? En dit na sy politiekeparty al vir meer as 15 jaar die land regeer. Laat ek jou gou iets vertel, Julius. Jy gaan nie ‘n oorlog voer teen die wit minderheidsgroep nie. Jy gaan ‘n oorlog voer teen die mense wat juis gelykheid en ‘n toekoms vir die mense van die land wil hê. Net ‘n stomdowe clown sal jou volg en saam met jou oorlog maak teen die mense wat Suid-Afrika wil bevorder en ‘n beter toekoms wil skep vir toekomstige generasies van ons land.

Eintlik hoop ek dat die ongeskoolde man voortgaan met sy vendetta teen alles wat die land probeer bou, want binnekort gaan hy in ‘n gat sit waaruit hy nie kan kom nie. Hy word reeds ondersoek vir korrupsie en hy is terselfdetyd besig om die “Top Bra’s” van die ANC af te pis – veral een met die naam Gwede Mantashe.

Kom ons sit maar en kyk of die arrogante mannetjie verantwoordelik gaan wees vir ‘n skeur in die ANC. Terwyl ons stil en rustig wag dat dit gebeur, gaan ek sê: Welgedaan Afriforum, uiteindelik is iemand bereid om die soogenaamde leier aantevat.

 

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *