Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaalik.com is een jaar oud

Vandag een jaar gelede het gevaaalik.com van ‘n grap tussen vyf vriende na ‘n realiteit gegaan. Alhoewel gevaaalik.com al vanaf 9 September 2010 online is, het niemand op daardie stadium daarvan geweet nie. Die site was nog under construction en het uiters kak gelyk.

Op 13 September begin ons vyf (Posduif, Ant, Robbies, Oom Pep en ek) die woord van gevaaalik.com deel met ons vriende op Facebook. Ons is fokken trots op die ou website, al is daar nog net ‘n post van Bear Grylls, Die “Nuwe R10 coin”, “Doos van die week” en klomp ander goedjies. Op dag een kry ons ‘n massiewe agt besoekers en ons kon nie meer opgewonde wees nie.

So paar dae na gevaaalik.com afgeskop het, maak ons ook ‘n Facebook Page. Op 16 September kry gevaaalik.com ons eerste hate mail van een of ander armsalige kont wat sê ons probeer net soos WatKykJy wees. Ons reageer omdat dit vir ons snaaks is en omdat ons weet ons word raakgesien. Deur die loop van die jaar kry ons baie hate mail en elke keer kan ons nie ophou lag nie (vir ten minste vyf minute). Een ou het self sy haat in ons comments section gelos en vir ons vertel hoe ons website hom walg. Hy het dit nie net een keer gedoen nie, maar ‘n paar keer – dus ‘n goeie teken dat gevaaalik.com hom nie regtig walg nie, aangesien hy daagliks na die “walglike” website kyk.

Op 23 September feature ons ons eerste “Gevaaalike Dame”, Leandie Brandt. Die interview met haar is ‘n hit en gevaaalik.com kry ‘n rekordhoeveelheid besoekers vir die dag. Gevaaalike Dames is ook ‘n hit en dit word een van gevaaalik.com se bekendste kenmerke.

Op 26 October doen ons ‘n artikel oor Casper de Vries en sy arme hond se penarie op die site. Casper kom deur twitter (wat gevaaalik.com ook nou al het) op die artikel af. Casper like dit so fokken baie dat hy dit op sy Facebook Fan page gaan sit. Casper se fans is oor die algemeen cool mense en hulle like blykbaar gevaaalik.com net so baie soos die res van ons fans. Op daardie dag slaan ons weer ‘n nuwe rekord vir besoekers op een dag.

Op 8 Febuarie 2011 laat ons julle lippe aflek vir een van die bekendste dames wat al op gevaaalik.com was as ‘n Gevaaalike Dame met die Q&A met Juicy Jemma (Yolandi Malherbe). Op 11 Maart 2011 doen ons ‘n interview met Yolandi  Malherbe waar ons exclusive foto’s het wat jy op daardie stadium nerens anders op die interweb kon sien nie. Yolandi het intussen in die Playboy SA verskyn as die July playmate. Wie die fok het gesê ons het nie ‘n oog vir talent nie.

Tussen in gebeur daar nog baie dinge – te veel om in een post hier vir julle te vertel. 28 Augustus 2011 het ons Snorgustus saam met julle gevier en hopelik sal daar nog baie dinge in die toekoms gebeur. Steve Hofmeyr het al een van ons artikels geretweet. Ons het mense afgepis en ons het mense laat lag. Die jaar het gevlieg.

Vir elke love letter wat ons kry wat ons vertel hoe kak ons site is kry ons tien wat vir ons vertel hoe gevaaalik.com hulle dag opkikker. Dit is vir my ‘n moerse fun proses om elke post vir julle aanmekaar te sit en die terugvoer te lees. Ek probeer om te respond op elke mail wat ek kry, maar ek mag dalk al een of twee gemis het. As ek het, voel vry om my weer te mail en my te vertel hoe groot kont ek is. Dankie aan elke een van julle wat gevaaalik.com elke dag besoek en met ons kontak maak. As dit nie vir julle was nie sou gevaaalik.com dit tien teen een nie gemaak het tot op die ouderdom van een jaar nie. Ek het self al so baie mense ontmoet as gevolg van gevaaalik.com en dit is ook vir my befok.

Dankie ook aan Posduif, Robbies, Ant, Oom Pep, Joe. Sonder julle sou daar verseker nie ‘n gevaaalik.com gewees het nie. Dankie ook aan elke ander persoon wat al ‘n bydrae gemaak het tot gevaaalik.com op een of ander manier. Julle is almal piele. Thanks vir die laaste jaar en ek hoop ons sien julle nog vir die volgende 50 jaar ook.

You may also like...

2 Responses

  1. Richard says:

    Fokken geluk !!

  2. Stix says:

    Baie dankie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *