Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Kakfunny Sessions by Arcade Empire

Die laaste aand toe comedy Arcade Empire getref het was ‘n moerse sukses en met die is die volgende comedy aand om die draai. Kom check gerus vanaand die Kakfunny sessions by Arcade Empire. Comedy nights is deesdae een van my gunsteling dinge om te doen. By die Kakfunny Sessions kan jy vir Deep Fried Man, Mojak Lehoko, Nqoba Ngcoba en Alyn Adams almal op die stage sien.

Funny sessions

Dink aan iets soos Comedy Central, maar rowwer, rouer en in Arcade Empire. Ek het myself moer baie geniet laas en gaan verseker die week weer ‘n draai maak. Daar is iets van die atmorsfeer by Arcade Empire wat ‘n comedy night goed pas en dit is lekker om te sien dat al hoe meer comedy nights in Pretoria begin verskyn.

So as jy ‘n goeie sin vir humor het en ‘n dors het om stil te maak met so paar biere of brannas en coke kom check more aand die Kakfunny Sessions. Meer info op die Facebook event page.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *