Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Limp Bizkit – Gold Cobra

Ek is seker ek gaan baie backlash kry vir hierdie een. Nie baie mense erken meer dat hulle Limp Bizkit like nie. Ek het die nuwe album, Gold Cobra, nou die dag gekry en ek moet sê ek like dit. Dit vat my terug na my hoërskooldae van Chocolate Starfish and Hot Dog Flavored Water luister.

Fred Durst is ‘n doos. Wes Borland is terug en jy kan steeds sien sy ouers het nie veel aandag aan klein Wes gegee toe hy grootgeword het nie. Maar Fred kan ‘n song aanmekaar sit soos min ander mense en Wes het ‘n baie unique manier van sy guitar speel. As jy ooit ‘n fan was van Limp Bizkit sal jy die album geniet. As jy nie wil erken jy like hulle nie kan jy altyd die album luister sonder om jou vriende te vertel. As jy hulle nie like nie (of maak asof jy hulle nie like nie) is dit ook ok. Ek judge jou nie. Doos.

Of jy hulle like check die video. As jy hulle nie like nie, kyk steeds die video, daar is ‘n dame wat in ‘n bikini rondspring en sy lyk al te oulik in slow motion. Hier is die album title song Gold Cobra.

You may also like...

2 Responses

  1. April 3, 2012

    […] like Limp Bizkit. Nogsteeds, Ek luister tans na hulle Gold Cobra album. Ek like ook Limp Bizkit se veergawe van "Faith" baie meer as George Michael se oorspronklike […]

  2. January 25, 2013

    […] die eerste keer in 'n lang tyd het ek die album van voor tot agter geluister. Ek is nogsteeds 'n Limp Bizkit fan. Die Chocolate Starfish and the Hot Dog Flavored Water is vol cool songs gewees. "Boiler" is […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *