Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Lamb of God – Checkmate video en nuwe album

Ek moet erken toe ek hoor dat Chris Adler homself verkoon het uit die Lamb of God-ranks, was ek ontsteld en deurmekaar Chris Adler se drumming is vir my 100% die rigstring van Lamb of God. Ek kon ook nie verstaan hoekom hy sal wil weg stap van iets wat so ongelooflik fokken cool is soos Lamb of God nie. Veral nie as dit iets is wat hy begin het nie.

None the less, Chris Adler is vervang met Art Cruz en dus was ek moerse angstig oor enige nuwe musiek wat die band dalk mag voorendag bring. Wel, daai dag van nuwe musiek het gekom.

Lamb of God het die eerste single van hulle nuwe komende self-titled album vrygestel laasweek. Dit is ‘n brawe ding om te doen om nou ‘n self-titled album uit te sit, wanneer so drastiese verandering in jou band plaasgevind het. Maar Randy Blythe sê dit seker die beste: “This is LAMB OF GOD. Here and now.”

En Lamb of God is dit verseker. As ek nie geweet het dat Chris Adler nie meer in die band is nie, sou ek dit nie kon agterkom deur te luister na “Checkmate” nie. Die nuwe album land 8 Mei 2020.

Check die nuwe video hier onder en laat weet my wat jy dink in die comments hier onder.

“Lamb Of God” track listing:

01. Memento Mori
02. Checkmate
03. Gears
04. Reality Bath
05. New Colossal Hate
06. Resurrection Man
07. Poison Dream (feat. Jamey Jasta)
08. Routes (feat. Chuck Billy)
09. Bloodshot Eyes
10. On The Hook

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *