Kyuss – El Rodeo
Kyuss is die band waar Josh Homme van Queens of the Stone Age begin het om sy sound te ontwikkel. Al het Kuyss opgebreek in 1995 is hulle vandag nog vir my ‘n awesome band. Daar is net iets aan die klank van ‘n band wat net musiek maak oor hulle hul tiepe musiek wil maak. Fok geld maak en fok record companies, maak net die musiek wat jy wil hoor. Dit is iets wat Josh Homme toegepas het deur sy hele loopbaan en as jy al enige van die projekte gehoor het waarby hy betrokke was of is, dan is dit duidelik dat dit die manier is om goed te doen.
Hier is een van my favourite songs “El Rodeo” vanaf die album …And the Circus Leaves Town.
3 Responses
[…] Reznor (Nine Inch Nails, How to Destroy Angels), Josh Homme (Queens of the Stone Age, Kyuss), Dave Grohl (Foo Fighters, Norvana) en spesiale gas Lindsey Buckingham (Fleetwood Mac) gaan die […]
[…] love hierdie band. Kyuss het begin in die Arizona desert, waar daar nie regtig veel is om te doen anders as meth en vrek van […]
[…] Kyuss het oor die laaste paar maande een van my gunsteling bands geword. My peetkind (ja, iemand vertrou my eintlik om hul kind reg groot te maak as hulle nie kan nie) is een en 'n half jaar oud en het onlangs toe sy by my gebly het my oorfone ontdek. Natuurlik wil sy toe ook maak soos ek en die oorfone in haar ore sit. Sy is versot op Smashing Pumpkins, maar het laasnaweek 'n nuwe liefde ontdek vir Kyuss. Op een en 'n half het sy reeds beter smaak in musiek as meeste ander Afrikaners. […]