Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Immigrant Song – Karen O, Trent Reznor and Atticus Ross

Led Zeppelin is een van my favourite bands van alle tye. Daar gaan nie ‘n week verby wat ek nie na ten minste een van Led Zeppelin se albums luister nie. Ek kan dieselfde sê van Nine Inch Nails en ander werk van Trent Reznor. Dié is net twee van die bands sonder wie se musiek ek verseker op my iPod sal wil hê as ek gestrand is op ‘n eiland iewers.

Trent Reznor en Atticus Ross het so ruk gelede die Oscar gewen vir hulle score vir die fliek The Social Network. Briljante album. Reznor en Ross het weer saamgespan om ‘n score vir die fliek The Girl With the Dragon Tattoo te maak. Seker omdat David Fincher die director van albei flieks is.

Nou kom Reznor en Led Zeppelin saam vir die opening track van die score van The Girl With the Dragon Tattoo. Immigrant Song” word gecover deur Reznor en Ross met die hulp van Karen O (Van Yeah Yeah Yeahs fame) vir die vocals. Dit is awesome. Luister.

You may also like...

1 Response

  1. November 6, 2013

    […] is 'n paar bands wat ek net weg loop as jy vir my 'n cover gaan probeer speel. Nine Inch Nails, Pearl Jam, Led Zeppelin en Tool. Maar in hierdie geval het ek dit 'n kans gegee want dit is […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *