Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaalik.com Podcast #24 met Jaco, Soutie en Stix

Laas week het ons weer ‘n lekker podcast sessie gehad. Moet my nie vra waaroor ons alles gepraat het nie want daar was baie goed en ek kan nie alles onthou nie. Ek kan wel onthou dat ons oor Korn se nuwe single gepraat het. Die Soutie kak my altyd uit as ek op die podcast begin dankie sê vir julle ondersteuning. Ek moet dit summier stop sit, hy is nie my fokken baas nie.

Dan sê ek maar vir nou dankie hier. Die podcast (en gevaaalik.com oor die algemeen) sou niks gewees het as julle nie daarna geluister het nie. Die coolste ding vir my van die podcast is dat meeste mense wat daarna luister soos ons is. Like-minded as jy dit iets spesifiek wil noem. Julle siening oor shit is nie altyd 100% wat ons siening is nie, maar ons gee julle dalk nuwe perspektief op iets. Net soos julle e-mails, tweets en Facebook boodskappe ons nuwe perspektief gee op goed.

Die is ‘n goeie klein community wat ons besig is om saam te bou en dit is fokken great om deel daarvan te wees. Ek geniet alle feedback, die goeie en die slegte. Ja die slegte ook, want partykeer is die critiques reg. So laat hoor van jouself.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *