Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Kings of Leon Saterdag

Komende Saterdag gaan ek en my dame Kings of Leon kyk by die FNB stadion. Ek is moerse excited en die video’s wat ek die naweek ontdek het, het my net meer opgewonde gemaak. Ek is ‘n Kings of Leon fan. Aha Shake Heartbreak is die album wat ek gedurende my tyd in Londen ontdek het. Van daar af was ek hooked. Dit is nie hulle populêrste album nie maar bly my gunsteling. Hier is die video vir die song The Bucket”.

Meeste mense ding Kings of Leon is ‘n band wat se CD jy opsit om ‘n meisie se broek af te kry. Meeste meisies luister Kings of Leon vir die lekker songs en omdat sy daardie een aand toe sy baie dronk was haar broek uitgetrek het terwyl Kings of Leon in die agtergrong gespeel het. Hulle word nie uit en uit as ‘n rock and roll act deur almal gesien nie. Maar in die 4 deel video sal jy sien dat die Kings of Leon regte sex, drugs rock and roll se naam hoog hou/gehou het. Afhangende of jy hulle glo dat hulle opgehou het met die suip, party groupies en drugs.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *