Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

KONY 2012 jy het dit al 100 keer gehoor

Ek wou nie hieroor skryf nie. Joseph Kony, what a cunt. Maar waar pas Kony in jou lewe in? Het jy ook die video gedeel deur jou Facebook of Twitter? Nie? Dis ok, vir elke mens wat dit nie geshare het met hulle miljarde online friends nie (julle het almal duisende online friends, tog nie?  Baie meer as wat jy regte vriende het) is daar ten minste 50 wat dit wel geshare het met hulle sogenaamde vriende.

Die snaakse ding is dat ek nie verstaan hoekom mense dit die hele internet vol share nie. As die storie jou regtig gepla het, hoekom gee jy nie bietjie van jou drank- en dwelmgeld vir die #KONY2012 cause nie? Dit is wat ek gedoen het. Fok, toe ek daardie video kyk en die arme laaitie begin so vertel hoe hy eerder sal wil dood wees as waar hy tans is toe is dit asof my hande vanself na my bankkaart beweeg. Ek het $15 gegee.

Na die tyd begin mens dink oor hoeveel van jou geld eintlik gaan om die arme kids te help in Uganda. Ek het bietjie gaan oplees daaroor en toe kom ek op ‘n skokkende feit af. Dit het my eintlik nie geskok nie, want dit is hoe dit werk met al hierdie “charities”. Net ‘n derde gaan eintlik vir die kids in Uganda. Die res word gebruik om video’s, posters, armbande en allerhande ander kak te maak wat die kinders in Uganda glad nie gaan help nie.

Wat is my punt? Wel ek het nie regtig een nie. Behalwe dat jy moet ophou om oor Kony te grens in jou status update en eerder jou geld sit waar jou virtual bek is. Ja, al die geld gaan nie vir die kinders nie, maar dit sal meer geld vir hulle gee as wat jou status update sal. Charlie Brooker sê dit eintlik die beste, so kyk die video. O ja, en ek begin nou ‘n STOP TOS AFRIKAANSE POPMUSIEK 2012, as jy wil geld donate mail my. Laat ek net vooraf sê al die geld gaan na my toe vir drank en dwelms. Ek is $15 kort die maand.

You may also like...

2 Responses

  1. Behappy says:

    Waar moet ek donate?

  2. Joe says:

    Hallo,

    As jy wil donate om Uganda te help, gaan kyk gerus eerder na die Child’s I Foundation (http://www.childsifoundation.org). Na wat ek verneem is hulle actually ‘n charity wat die geld wat hulle kry gebruik om mense te help, nie om smug High School Musical video’s te maak nie. Jy kan hulle ook hier op Twitter vind.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *