Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Craig du Toit Nel se follower growth veroorsaak vraagtekens

Update: Meeste mense wat op die broodlyn leef omdat hulle geld mors op dinge soos handsakke, se finansies raak redelik styf so van die 21ste van elke maand. Dan, wanneer payday kom kan mens weer geld mors op dinge soos followers. Vergelyk maar hoe The Rock se followers groei (hier onder wys ek dit) en hoe iemand soos Craig du Toit Nel se followers groei. Dit los baie vraagtekens.

Craig du Toit Nel buying followers

Craig du Toit Nel se follower count lyk meer suspect as die ANC se bankstate

Edit: Iemand het aangedui dat Craig du Toit Nel en ek albei op die Via program WMJ was. Al was ons op dieselfde program het ons mekaar nooit ontmoet nie, en hierdie is nie een of ander elaborate PR-gekonkel tussen my en Craig nie. Ek sal wel ‘n glas wys saam Craig drink as hy wil.

Ek kan myself nie ‘n influencer noem nie. Nee wag. Ek wil myself nie ‘n influencer noem nie. Net soos die woord “blogger” het die woord “influencer” mening verloor omdat elke tweede doos deesdae sê hulle is ‘n “blogger” of ‘n “influencer”.

‘n Studie waaraan 2000 ouers met ten minste een kind deelgeneem het, het gewys dat 33% van kinders tussen 11 en 16 ‘n “social media influencer” of YouTuber wil wees. Verby is die dae van dokter, polisieman (askuus, “polisiepersoon”) of onderwyser wil word.

Te danke aan wie, nogal?
Wel, as ons kyk in die Afrikaanse influencer realm, dan is die fake influencers ooral. En as ons kyk na wie die fakes is, dan is dit heel duidelik dat hulle beinvloed is deur mense soos FuckJerry en TheFatJewish, al verskil is dat in SA steel “Influencers” nie net memes sonder om credit te gee nie, hulle koop ook followers.

So wie is die fakes?

“The lady doth protest too much, methinks” het Queen Gertrude gesê, en in Afrikaanse konteks het die bom ook gebars met ‘n queen, met die naam Craig du Toit Nel.

Moet nie verkeerd verstaan nie, daar was al ander Afrikaanse “influencers” wat skelmpies verdwyn het soos mis voor die son, nadat aantuigings van fake followers begin verskyn het. Craig du Toit Nel is net die nuutste “influencer” in ‘n fake-follower debakel, maar net omdat hy dit oor homself gebring het. Al verskil tussen Craig en die fake-influencers voor hom wat verdwyn het, is dat Craig ‘n volwasse man is, en nie ‘n hoërskool kind nie. Wel, volwasse in ouderdom verseker as ek so kyk na die plooie, maar miskien nie volwasse in mentaliteit nie. Kyk maar self:

“Watse fokken influence het jy meisietjie?” sê Craig so asof hy met homself praat. Wat jy saai sal jy maai, en nadat Craigy kinders oor die vingers wou tik toe begin mense bietjie in meer detail loer na Craigy se followers en “influence”.

Op Instagram (Craigy se huis) het iemand anders ‘n post gemaak waar hulle Craigy se fenominale groei van Instagram followers bietjie ontleed het, en so paar vragies begin vra het:

Koop Craig du Toit Nel followers met die geld wat hy so diep in sy handsakke bere?

My kopdokter sê gereëld vir my ek project. Dit is glo wanneer jy bewus is van ‘n fout wat jy self het, en dan probeer jy dit heeltyd uitwys in ander eerder as wat jy jou eie kak uitsort. Dit is iets wat baie mense doen, en dit is moeilik om te oorkom, veral as jy ‘n ego so groot het soos Craigy het.
Maar, die feite lieg nie. Ongelukkig kon ek nie onthou watter Instagram dit is waar ek die bom sien bars het nie. Al wat ek jou kan sê is dat dit een of ander Afrikaanse-meme page was. So toe gaan krap ek maar self op SocialBlade.

AB de Villiers is mudderfukken big in India

Ek kyk nie krieket nie, maar ek weet wie AB de Villiers is. Indië weet ook wie AB is. Weet nie of jy al van Indië gehoor het nie, maar hulle het amper 1 biljoen mense wat daar woon, en hulle is gaande oor krieket. Dus het hy 8 miljoen followers, en selfs met die IPL/Krieket Wêreldbeker wat tans aan die gang is slaan kry AB nooit meer as 8k followers by in een dag nie.

AB de VIlliers se daaglikse follower growth

Weet jy wie The Rock is?

Ja, die rofstoeier wat ‘n akteur en producer geword het wat al TV-reekse en flieks gemaak het wat gekyk word deur miljoene mense reg rondom die wêreld. Hy is regtig famous en HY word herken wanneer hy die huis verlaat. Hy het 146 miljoen followers en hy groei met so paar honderdduisend followers ‘n dag. 100% verstaanbaar, want hy is The Rock.

The Rock se daaglikse follower growth

Ek kan meer local gaan met (en verskoon nou maar my voorbeeld) Karlien of Bobby van Jaarsveld. Want alle Afrikaners weet van hulle, of jy nou van hulle hou of nie. Dieselfde kan nie vir Craig gesê word nie. As jy nou uitloop op straat en jy keer 10 Afrikaanse mense voor en jy vra hulle “Wie is Craig du Toit Nel?” gaan jy 9 uit tien keer dieselfde antwoord kry: “Wie?”

Craign du Toit Nel se daaglikse follower growth

Tog, as jy kyk na Craig se data op SocialBlade dan groei sy Instagram following 100% vinniger as Bobby en Karlien se followings gekombineer. Beteken dit dat Craig followers koop? Nie noodwendig nie, maar die vraagteken raak al hoe groter as jy kyk na die comments en likes op sy posts. Vir iemand met 100k+ followers, kry hy verbasend min comments en likes op sy posts. Tog, dit beteken ook nie noodwendig dat Craig followers koop nie, want jy kan immers likes en comments ook koop as jy wil. Maar as jy kyk na Craig se YouTube views en sy follower count op Instagram dan match dinge net nie. Iemand met 100k followers op Instagram sal mos viewers kan stuur na sy YouTube channel, en as hy nie eers dit kan influence nie, wat influence hy eintlik met daai Instagram followers?

Hoekom vat ek tyd uit my fokken lewe vir die?

Eerstens, dit was ‘n langnaweek. Sien, as dit kom by Afrikaanse media en die “Influencer” mark in Suid-Afrika het ek ‘n lepel in die pot. Ek het ‘n gehoor, nie ‘n groot een nie, maar my gehoor vertrou my en ek influence party van hulle. Nie net met die grappe wat hulle vertel om die braaivleis vuur wat hulle op my site gelees het nie, maar vir party beinvloed ek ook watter games, daggasade, vaporizer en versekering hulle koop. Ek het selfs vir ‘n maatskappy gewerk wat vir jare die voorstaander was van Influencer Marketing in SA.
Maar ek kry nie sommer brand deals nie, want ek het dames in bikinis op my site, ek praat oor dagga, ek hou van vuil grappe en ek gebruik die woord “poes” af en toe op ‘n kreatiewe manier. Noem my maar die swartskaap. Tog sien ek baie hoe mense wat geen influence het nie brands skroef, oor hulle baie followers het. Baie followers beteken nie jy het baie influence nie. Ek het al daaroor gepraat in die verlede.

Is dit die fake influencers se skuld?

Lieg is bittermin ‘n goeie ding. Lieg om geld te maak is afskuwelik. Lieg om famous voor te kom is vertraag. Maar dit is nie net die wat lieg se skuld nie. Die brands en bemarkers wat wil werk met influencers moet ook beter hul huiswerk doen. SocialBlade en IGAuditio is gratis en al die informasie daar is beskikbaar vir die publiek. Brands en bemarkers kan net baat daarby om bietjie dieper te kyk na “influencers” as net die hoeveelheid followers om te probeer bepaal wie het eintlike influence. Hel, jy kan selfs praat met ander brands wat al met die persoon gewerk het praat en vra of meer sales gebeur het a.g.v dit wat die influencer gedoen het.
Ook, hou op om mense soos ek af te skryf net oor hulle content nie aanklank by jou find nie. Ja, Craig du Toit Nel kom af vir baie as ‘n slegte Afrikaanse copy van Ru Paul maar daar is wel mense wat dink sy content is interesant, en hy het party mense se aandag. Miskien nie so baie soos hy voorgee nie, maar verseker ‘n handjie vol. Ja, hierdie is ek wat my hand opsteek en sê moet nie vir my en Craig afskryf net oor jy dink ons is nie snaaks nie. Anders begin ons dalk ook my followers nommers bietjie buff, net sodat julle ons ‘n kans kan gee.
P.S. Craig, as jy hierdie lees, chin-up ou perd. Los net die kinders uit laat hulle maak wat hulle wil en fokus jy op jou ding doen, soos wat ek nou gaan fokus op my ding doen. Afrikaanse-storm-in-‘n-teekoppie, verby.

You may also like...

1 Response

  1. Lolz4dayz says:

    Wat sien Craig (van wie ek nog nooit gehoor het tot nou) as hy in die spiel kyk? Vir Caster…

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *