Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Kings of Leon nog in Oktober in SA

Kings of Leon kom nog in Oktober ‘n draai gooi in Suid-Afrika. So het die band gesê aan Big Concerts, wat hulle optredes in SA gaan reël. Volgens Dionne Domyan, Big Concerts se woordvoerder, sal die band nog op 26 Oktober in Kaapstad en 29 Oktober in Johannesburg optree.

Sedert Kings of Leon hierdie week die kansellasie van hulle Amerikaanse toer aangekodig het, het fans regoor die wêreld begin spekuleer dat dit dalk die begin van die einde vir die rockers is. Suid-Afrikaanse fans kan blykbaar nou rustiger slaap met die wete dat hulle wel die band te sien sal kry later hierdie jaar.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *