Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Foo Fighters nuwe album – Sonic Highways

Foo Fighters release 10 November 2014 hulle 8ste studio album, Sonic Highways. Die band het vandag via hulle Facebook page ook die album cover bekend gestel, dit is nou die foto hier onder. Soos jy kan sien is daar ‘n hele paar 8s in die album cover en glo dit of nie, die album het ook net 8 songs op.

Foo Fighters new album Sonic Highways cover

Dit is 8 songs vir ‘n 44 minute album en Butch Vig is weer die co-producer op die album saam met die Foos. Ek is bly hulle het vir Butch Vig weer betrokke gekry aangesien Wasting Light so goeie album was. Elke song op Sonic Highways is in ‘n anders stad gerecord.

“This album is instantly recognizable as a Foo Fighters record, but there’s something deeper and more musical to it, I think that these cities and these people influenced us to stretch out and explore new territory, without losing our ‘sound’.” is wat Dave Grohl oor die nuwe album te sê gehad het. Ten spyte daarvan dat die nuwe Foo Fighters album ‘n naam deel met Grohl se komende documentary, het hy gesê dat die nuwe album nie ‘n soundtrack is vir die HBO series nie.

Saam met die aankondiging van die album het die Foo Fighters ‘n video release van Grohl wat ‘n tattoo kry, met ‘n song in die agtergrond wat moontlik van die nuwe album af is. Ek moet erken dat ek effens bekommerd is oor Sonic Highways want dit voel vir my effens soos ‘n bemarkings foefie vir die HBO series. Nie te min het ek reeds die nuwe album gekoop via pre-order, en jy kan dieselfde doen op die Foo Fighters website.

Hoe voel jy oor die Sonic Highways aankondiging? Gaan jy die nuwe album woord vir woord ken as jy Foo Fighters in Suid-Afrika sien vroeg Desember? Los jou opinie in die comments.

You may also like...

1 Response

  1. October 21, 2014

    […] is moeilik. Ek weet, ek werk in bemarking. Foo Fighters se nuwe series op HBO kan seker gesien word as 'n "marketing tool", na ek die eerste episode van […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *