Deprecated: trim(): Passing null to parameter #1 ($string) of type string is deprecated in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/wordpress-seo/src/presenters/open-graph/image-presenter.php on line 102

Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Kings of Leon kanselleer hulle Amerikaanse toer

Kings of Leon het hulle Amerikaanse toer gekanselleer, het die band via hulle website laat weet. Die redes vir dié besluit is blykbaar leadsinger Caleb Followill se stemprobleme en moegheid.

Die nuus kom egter as geen verrassing nie. Net Vrydag het Followill die stage in die middel van ‘n show in Texas verlaat. Hy het op daardie stadium belowe hy sou terugkom om nog drie songs te sing, maar hy het nie. Die band se bassist Jared het later op twitter laat weet dat daar ook interne probleme in die band is.

Op hierdie stadium heers daar onsekerheid oor wat op fans wag. Twee dinge is seker: ‘n kakhuis vol Amerikaanse fans is nou erg pissed, en fans wêreldwyd wag om te sien wat gaan gebeur. Hopelik is dit nie die einde van nog ‘n goeie band nie.

(Check ook ons nuutste poll aan die regterkant van die bladsy en laat weet ons wat jy van Kings of Leon se probleme dink.)

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *