Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Playboy SA

Playboy is terug in SA! Maar is dit regtig iets om oor opgewonde te raak? Ek het Vrydag vir my ‘n issue van die April (eerste Playboy SA) issue gekry om te kyk hoe lyk die tydskrif. Hier is wat ek gevind het.

Teen R45 kos die Playboy min of meer dieselfde as die FHM, GQ of die Men’s Health. Ek kan onthou dat toe ek in Londen was, het jy soms ‘n nippel of twee in enigeen van die genoemde tydskrifte gesien. Wel dit is presies wat Playboy SA nou is. FHM met fokken nippels. Maar hierdie is Suid-Afrika en ons kon nou nie verwag om heeltemal kaal meisies te sien in Playboy SA nie.

Regtig, daar is geen teken van ‘n skaamhaar of ‘n dosie wat vir jou loer nie. Net pramme en jy kan die pramme se nippels sien. Nice, né? Amy Tara Bridger is ons eerste Playmate van die Maand. Dan is daar ook ‘n shoot gedoen met Tracy McGregor. Sy wys haar bates (boobs) en sexy lyf. Tracy is die eerste issue se cover girl.

Playboy SA se eerste Playmate.

Playboy reken hulle gaan op elke cover van elke issue ‘n celeb hê. Ek dink dit is heel moontlik, maar ek twyfel sterk dat ons elkeen van daai celeb girls op die cover sal sien met hul boobs uit. Suid-Afrika is steeds nog bietjie skaam oor die vroulike vorm, lyk dit my. Dan sal daar seker ander girls wees om die Playmates te verteenwoordig. Yolandie Malherbe is een van dié wat dalk nog in Playboy gaan verskyn.

So sal dit die moeite werd wees om elke maand R45 uit te haal vir ‘n Playboy? Is die Playboy so paar biere ‘n maand minder werd? Die artikels lyk goed. Die interview met Hugh Hefner is interessant om te lees. Steve Hofmeyr se 20 questions kan ‘n interessante ding raak indien hulle in die volgende issue die 20 questions aan iemand anders rig. Daar is goeie leesstof en daar is in die issue twee baie mooi girls wat hul bates wys. Tracy maak die R45 al klaar die moeite werd. Maar dit sal help as hulle nog ‘n derde girl kan add vir elke issue.

FHM en die ander manstydskrifte het ook nou en dan iets wat dit die moeite werd maak om te koop. Maar vir een of ander rede dink ek ek sal eerder vir Playboy gaan. Nie vir die nippels nie. Die internet is vol nippels. Maar dit laat my voel asof ek deel is van iets. Playboy is deel van ‘n fantasie wat elke man op hierdie fokken aardbol het. Ek wil ook eendag na die Playboy Mansion genooi word vir ‘n party.

Playboy is ‘n leefstyl, en almal wil deel wees daarvan. En daarom sal ek eerder my R45 spandeer op die Playboy as die FHM, GQ of die Men’s Health. Maar gaan koop vir jou ‘n Playboy en besluit self.

You may also like...

2 Responses

  1. Steve Slack says:

    I agree 10000000% its about feeling part of something. Its an institution.
    If truth be told, the internet is full of porn, so no ‘men’s magazines’ are needed, from GQ to Mens Health. This magazine has articles, lifestyle and an aspiration to being someone and something!
    R45 is nothing really, and yes, maybe a digital copy is worth while!

  1. June 24, 2011

    […] drie maande gelede het Stix ‘n review geskryf oor die eerste uitgawe van die nuwe Suid-Afrikaanse Playboy. Hy het gescheme dat ‘n […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *