Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Incubus om die week af te skop

Ek love dit as ek vir lank nie na ‘n band luister nie en hulle dan weer ontdek, veral as ek baie na die band geluister het op ‘n stadium. Incubus is een van daardie bands. Vir my bringe sekere songs sekere memories terug. In die geval van Incubus is daar die song ‘Vitamin’ wat my altyd laat dink aan ‘n sekere trein trip wat ek gereëld gevat het om vir vriende en vriendinne te gaan kuier in Londen.

Incubus

Incubus se S.C.I.E.N.C.E en Morning View albums was twee albums wat ek vir lank op ‘n gereëlde basis geluister het. En ek het oor die naweek weer gedink aan die band vir een of ander rede. Incubus was ook een van die eerste bands wat ek en my vrou saam kon luister, want ons musiek smake verskil drasties. Ek is meer ‘n hard rock/metal mens en Lamb of God en Slipknot is verseker nie haar koppie tee nie. Tog is ons albei baie gelukkig daarmee gewees om Incubus te luister in die kar.

Hier is twee van my favourite Incubus songs: Vitamin en Drive. ‘n Lekker rock een en ‘n lekker rustige een. So daar is iets vir almal.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *