Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

How to Destroy Angels – The Space in Between

As jy gevaaalik.com lees elke nou en dan sal jy weet dat ek ‘n groot fan van Nine Inch Nails is. Eintlik is ek ‘n fan van meeste van die goed wat Trent Reznor doen. Dit is ook deel van die rede hoekom ek van How to Destroy Angels hou.

How to Destroy Angels is ‘n band wat saam gesit is deur Trent Reznor,  Mariqueen Maandig (Reznor se vrou en West Indian Girl se vocalist) en Atticus Ross (Producer van menigte NIN albums en Reznor se partner op die Girl With the Dragon Tattoo en The Social Network musical scores). Hulle eerste EP, met die naam How to Destroy Angels, het al die eerste Junie 2010 uitgekom en is verniet beskikbaar vir downlaod op howtodestroyangels.com.

Op 21 September 2012 het Trent Reznor bekend gemaak dat die band se volgende EP 13 November 2012 sal beskikbaar wees onder die naam An Omen. Hy het ook gesê dat van die songs op die nuwe EP op die band se eerste full length album gaan wees, die album kom blykbaar in 2013. Hier onder is die video van “The Space Between” vanaf die self titled eerste EP.

You may also like...

1 Response

  1. November 9, 2012

    […] Trent se ander ander long time collaborators Rob Sheridan en Atticus Ross se nuwe EP is oppad. How to Destroy Angels se An Omen is van volgende week af beskikbaar. Jy kan wel die hele EP hier onder […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *