Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Hoe om die “Corona-werk-van-die-huis-af-blue” te oorleef

Die planeet gaan Corona mal, en ons praat nie van die Mexican piswater-bier nie. Covid-19 is die real-fokken-deal en as miljoene dollars prys gegee word deur E3 te kanseleer dan moet jy weet dit is ernstig. Hier in SA het ons taxis en mense wat se immuunsisteem nie so gesond is nie in groot nommers. Daar is ‘n goeie kans dat jy binnekort van die huis af gaan moet werk, as jy kan. As iemand wat vir 3 jaar van my huis af gewerk het, weet ek al te goed dat jy maklik van jou trollie af kan gaan. Ek het dus besluit om so paar tips* bymekaar te sit vir jou om jou te help deur die moeilike tyd van Netflix terwyl jy op Skype maak asof jy werk.

Moet nie dadelik begin werk as jy wakker word nie

Dit is maklik om jou oggend stoei met die bruinbeer op die toilet te doen terwyl jy solank jou emails check op jou foon. Wanneer jy die bruinbeer se nek klaar afgedraai het en die laaste van sy oorblyfsels met toiletpappier weg gevee het kan jy dadelik jou laoptop oop maak en aan die werk spring terwyl die keltel nog kook. Moet nie dit aan jouself doen nie.

Moet nie in jou onnie, pajamas of japon sit heeldag nie

Dit is maklik om net heeldag in jou onnie te sit en werk in die bed. Jou rug gaan lyk soos die Buccleuch interchange onderstreep met jou Cherokkee onnie reguit van Pic ‘n Pay clothing af. Dit gaan belangrik wees om jou oggend roetiene so normaal as mootnlik te hou. Jy gaan nie in jou onnie kantoor toe gaan nie, so jy moet nie heeldag in jou onnie bly as jy van die huis af werk nie.
Al gaan jy nie die huis verlaat nie, trek klere aan. Jean en “Kalm soos ‘n daggawalm t-shirt” vir my, maar jy kan ook net ‘n kortbroek en hemp aan trek. Punt is, as jy heeldag bly waarin jy gisteraan geslaap het gaan jy vinnig-vinnig soos ‘n gemorsmens begin voel. Ons weet jy is eintlik ‘n gemorsmens, maar een wees en voel soos een is twee verskillende dinge. Trek elke oggend jou klere aan en jy sal minder soos die gemorsmens voel as wat jy is.

Bad of stort jou vuil-fok

Moet ek regtig vir jou verduidelik hoekom hierdie belangrik is? Is jy fokken 2 jaar oud? Veral met allerhande kieme wat rond vlieg deur die lug is dit belangrik om jouself skoon te hou. Dit, en jy stink. Gaan was daardie bruinbeer oorblyfsels van jou pollie af, jou vark. Tandeborsel, jou gesig was, en jou hande so paar keer was deur die dag sal jou ook beter laat voel terwyl jy jouself issoleer van die einde van die wêreld af.

Moet nie werk in jou bed nie

Jou bed is vir slaap, of daardie arme persoon pomp wat nog nie uitgevind het hulle kan heelwat beter doen as JY nie. Jou bed is gemaklik vir slaap en vir saag. Jou bed is nie gemaklik om in te sit en werk nie. Dit mag dalk gemaklik voel vir so paar uur tot jy probeer opstaan en besef jou rug is nou so skeef soos Riaan van Heerden. Die bank is ‘n beter opsie, maar steeds nie idiaal vir jou arme ruggie nie.

Werk by ‘n lessenaar, of kombuis werksoppevlak as jy moet. Jou rug, en jou gemoedstoestand sal dankbaar wees. Ook, om heeldag in die bed te wees gaan veroorsaak dat jy elke dag jou beddegoed moet ruil vir skoon beddegoed. En wie het tyd vir dit tussen al die gesaag en gewerk deur?

Bel ‘n vriend

Baie van julle losers bly alleen. Die goeie nuus is dat Corona julle tien teen een laaste sal vat. Die selgte nuus is jy gaan cabin fever ontwikkel vinniger as die van ons wat ‘n huis deel met ander mense. So tel die foon op en WhatsApp video call ‘n vriend of iemand wat saam met jou werk. Mense is sosiale diere, en as sulks is dit belangrik dat jy nie daardie deel van jou mensewees afspeek terwyl jy van die huis af werk nie.

Maak seker jy eet behoorlik

Dit is maklik om ‘n pak Cheese Curls jou middagete te maak waaraan jy heeldag pesel terwyl jy email jockey speel. Dit is nie kos nie. Glo dit of nie, om ‘n breek te vat om ‘n toebie te bou gaan meer doen vir jou brein en gemoedstoestand as wat daardie pak Cheese Curls ooit kan doen. En as jy iets anders as Nuttella op jou toebie sit (dink vars blaarslaai, tamatie en kaas) dan help jy jou immuunstelsel ook uit. Bonus punte as jy sommer vir jou ‘n vrugteslaai maak vir middagete.

Jy gaan ronkfok in plaas van werk, maar jy doen dit by die kantoor ook

Agt ure ‘n dag is meer as genoeg tyd vir enige mens om hul werk klaar te kry. Die wat maak asof dit nie genoeg tyd is nie, spandeer tien teen een net te veel tyd op Facebook. Check maar hulle foon se screen time en jy sal sien die Facebook App en WhatsApp is waarmee hul hulself besig hou vir 6 ure+ elke dag.

By die huis is daar baie dinge wat jou aandag weg kan trek van werk af. Xbox, daardie nuwe series wat jy wil kyk, die nuwe Afrikaans-pop song waarmee jy jou breinselle wil doodmaak, jou privaat dele wat heeltyd wil hê jy moet daarmee vroetel, boom rook ens.

As jy nie jou werk doen nie gaan jy baie vinnig begin voel soos die gemorsmens wat jy eintlik is. Probeer dus jou bes om nie te veel rond te fok nie. Die goeie nuus is dat as jy jouself toeppas kan jy jou werk klaar maak elke dag in 6 ure of minder, en dan kan jy met jou tottie speel tot vervelens toe.

Maak seker jy kies ‘n “klaar gewerk” tyd, en hou daar by

As jy van die huis af werk is dit maklik om net aan te hou werk, want daar is nie ‘n uit-klok tyd nie. Persoonlik kies ek om niks werk te doen later as 15:30 nie. Ek begin vroeg graft, en maak vroeg klaar. Stel vir jouself ‘n tyd en knak dadelik ‘n biertjie of steek daai joint aan as jou alarm afgaan om jou te laat weet jy is klaar gewerk. Jou baas gaan nie betaal vir jou begrafnis nie, so moet nie jou lewe vir hom/haar gee nie.

*As jy enige advies van my volg dan verdien jy eintlik om uit die gene pool gehaal te word deur die Covid-19 virus.

You may also like...

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *