Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Vetties grens op Facebook oor hulle te min sjokolade kry

“Geen wonder ons witmense is nooit te vrede met niks ini lewe ni want ons wik net kla en moun oor di geringste dingekies.” (sic)

*Kry vir jouself ‘n media player soos die MyGica 4k Android 6 een hier bo, en verlos jouself van die beperkings van normale TV. Kyk TV deur die internet! Dit en meer in die ‘8 Goed wat net moet shut-up en my geld vat‘ post.

Nie net kla die “witmense” van die Facebook groep ‘Eks van die Ooste’ oor die geringste dingetjies nie, hulle kan ook nie spel nie. Selfs in die naam van die bekende grens-groep is daar ‘n afkappingsteken tekort. Terwyl meeste mense op ‘n Vrydagaand besig was om sosiaal te verkeer met vriende en familie, het “Eks van die Oosters” geteem oor sjokelade gewigte en hoe pateties Afrikaners geword het.

Roepe vir boikot oor Bar-One te min weeg

Een persoon (of Oosblokker/Ooster, soos hul graag na hulself verwys) het Vrydagaand ‘n foto gedeel van ‘n Nestle Bar-One op ‘n skaal wat 46.58 gram weeg. Dit het vetties reg oor die ooste van Pretoria vreeslik gepla dat hulle 8.42 gram minder Bar-One kry as wat op die verpakking staan. Dit was glad nie lank voor die woord boikot in die kommentare verskyn het nie.

“Nee as ons die Spur kan aanvat moet ons Nestle aanvat… kan mos nie die klein dingetjies wat verkeerd is oorsien nie??” sê een vettie wat glo ook nie genoeg van Bar-Ones of Spur kon kry nie.

Al is suiker een van die mees verslawende stowwe wat ons van weet, en al veroorsaak suiker talle gesondheidsprobleme en siektes (diabetes en kanker), is daardie nie redes om Nestle te boikot nie. Enige persoon wat uitgewys het dat daar belangriker dinge is om jou energie in te sit eerder as ‘n Nestle heksejag, is dadelik uitgewys as die rede hoekom God se uitverkore volk so hulpeloos is:

“Gelukkig kan mens van opinies verskil, jys seker die tipe persoon wat konfrontasie vermy en met die minste tevrede is, ook seker hoekom die volk nie vir homself kan opstaan nie.” sê een persoon in die kommin-taar kommentaar.

Dit was glo te moeilik vir party gene om te verstaan dat die gewig wat aangedui word op die verpakking van ‘n Bar-One net ‘n aanduiding is van die ongeveerde gemiddelde gewig, daarom die “e” voor die gewig. Veral wanneer produkte goed soos neute bevat, is dit amper onmoontlik om te verseker dat elke produk dieselfde weeg. ‘n Bar-One het byvoorbeeld grondboontjies in. Omdat grondboontjies nie almal dieselfde grote is, of dieselfde weeg nie, is dit nie moontlik om elke Bar-One presies 55 gram te laat weeg nie.

Vetsug en Zuma is groter probleme

Wanneer daar vreedsame protes gehou word teen Jacob Zuma dan sit die vetties op hul agterstewe en maak eerder ‘n Facebook status update oor Zuma as wat hulle loop van Kerkplein tot by die Uniegebou. Dit verg mos bietjie fisiese inspanning om te loop. Al moet jy jou vingers gebruik om ‘n Facebook status te tik, het jy duidelik nie ‘n brein nodig om Facebook te kan gebruik nie.

Protes teen Zuma is te veel gevra, maar boikot Nestle en Spur, want as jy aan ons kos raak dan vat ons dit baie ernstig op. Geen wonder twee derdes van Suid-Afrikaanse vrouens, en ‘n derde van Suid-Afrikaanse mans is oorgewig nie. Dit spreek boekdele oor “die volk” wanneer hulle sal boikot vir 8.42 minder suiker, want om deel te wees van ‘n boikot hoef jy fokol te doen, en dit is immers wat dit blyk Afrikaners die beste doen.

You may also like...

22 Responses

  1. Ilana says:

    Jy gaan kak chom!

  2. Willem Viljoen says:

    Ek gaan persoonlik ‘n 55 gram bar one in jou hol kom druk ou pel!

  3. Ruan Stix Fourie says:

    @Willem Viljoen: Ek hoop dit is a satiriese Bar-One soos wat die stukkie is.

  4. Ruan Stix Fourie says:

    @Ilana: satire
    ˈsatʌɪə
    noun
    the use of humour, irony, exaggeration, or ridicule to expose and criticize people’s stupidity or vices, particularly in the context of contemporary politics and other topical issues.
    “the crude satire seems to be directed at the fashionable protest singers of the time”

  5. Ilana says:

    Geagte meneer die skrywer. Indien jy dit nie weet nie, sal ek jou maar inlig: jy kan óók nie spel nie.
    sjokelade = sjokolade
    witmense = wit mense
    te kort = tekort
    sjokelade gewigte = sjokoladegewigte
    verlawende = verslawende
    gesondheids probleme = gesondheidsprobleme
    hekse-jag = heksejag
    party gene = wat van ‘n woord is dit?
    ongeveerde = ek het nog nooit geveerde óf ongeveerde gewigte gesien nie – help!
    vetsig = vetsug

    Jy mag ons Oosters maar vet noem (as die skoen pas..), maar moet NOOIT sé ons kan nie spel nie, veral as jy sélf nie kan spel nie! Die taalpolisie (waarvan ek trots ‘n lid is) sal jou nie daarmee laat wegkom nie!

  6. Willem Viljoen says:

    Ek is definitief nie die ou wat die woordeboek nodig het nie boet!

  7. Ruan Stix Fourie says:

    @Ilana: Dankie dat jy my foutjies vir my uitwys. Ek het niemand spesifiek vet genoem nie, of as ek het, kan jy dit asseblief vir my uitwys sodat ek dit kan korrigeer?

    Die is ‘n stukkie satire, geskryf om mense te laat lag. Dit wil vir my blyk of die Afrikaner se grootste probleem is dat hul nie meer vir hulself kan lag nie. Te veel snowflakes wat alles as ‘n persoonlike aanval sien, eerder as net ‘n grap. Hel, ek verstaan selfs dat almal se sin vir humor nie dieselfde is nie, dus skryf ek vir my gehoor. As wat ek skryf nie vir jou snaaks is nie, hou verby.

  8. Ruan Stix Fourie says:

    @Willem Viljoen: As al wat jy het om my te probeer afbreek my spelling is, dan is ek ok. Sit jy en Ilana nou regtig langs mekaar en tik vir my kommentare eerder as werk? Ai Willem, wat het geword van bietjie lag vir jouself eerder as mense dreig met geweld?

  9. Willem Viljoen says:

    oh ek sien nou jy weet nie waddefok aan gaan nie want jy was…..geBAN! LOL!!!

  10. Ruan Stix Fourie says:

    @Willem: Jy is reg Willem, ek weet nie wat in elke liewe groep op Facebook aangaan nie, jou intellektuele reus. Ek het beter dinge om te doen, soos hier sit en kyk hoe stroom die traffic in van Facebook af. So op watter “Oosblok/Oosters/Oosies” groep jule ookal ‘n link geshare het na my site toe, baie dankie. Het gesorg vir ‘n lekker influx van traffic en nuwe lesers. Ek skuld vir jou en Ilana eintlik albei ‘n Bar-One.

    Ook, ek was nog nooit deel van ‘n “Eks van die Ooste” groep nie, baie van my lesers is wel en hulle stuur vir my al die belaglikhede wat hulle daar sien.

  11. Johan says:

    Stix hoekom laat jy nie jou intern”die spelling vir jou check nie Boeta? Jy gaan moet reg kom, jy kan nie mense “vetties”noem nie. Wag vir die dag dat jy ‘n vrou het met kinders en sy word ‘n “vettie”

  12. Ruan Stix Fourie says:

    @Johan: Soms skryf ek goed net omdat ek mense bietjie wil laat lag, soos in hierdie geval. Ek was nie ‘n moerse fan van die stuk nie, so toe het ek dit nie vir my sub gestuur nie, net gepost en vergeet daarvan. Dit nou todat julle gaaf genoeg was om nuwe lewe in die stuk in te stoot. Toe het ek maar laat Ilana vir my spellcheck. Goedkoper as my sub.

    Natuurlik kan ek mense vetties noem, veral as ek nie praat van iemand spesifiek nie. Ek word my hele lewe lank al ‘n maergat genoem, jy sien nie dat ek daaroor grens nie. Ek het klaar ‘n vrou en ‘n kind. Nie een van hulle twee is vetties nie.

  13. Pieter says:

    Lol ek het self ‘n website en ek weet jy kry basies niks per click nie…so wat gaan jy koop met jou R3.50 profit? n halve bar one? kry n regte werk en hou op sesansie artikels skryf vir sente….poephol!

  14. Ruan Stix Fourie says:

    @Pieter: Jou eerste fout wat jy maak is om te dink dat almal so onnosel is so jy, en dus nie kan geld maak van ‘n website af nie. Ek kry eintlik 12% van elke sale wat deur my website gebeur op ‘n spul produkte, soos hierdie PAX 3. Gebruik maar ‘n calculator en dan vind jy uit wat is 12% van R3,295.00, want ek is 100% seker daarvan jy sal nie daardie som in jou kop kan maak nie. Dan is daar natuurlik die 10% wat ek kry van alle drank wat deur my site verkoop word, en natuurlik ook my eie shop op my site waardeur ek goed verkoop en dus geld maak. Dan praat ek nie eers van die advertising campaigns soos die een toe ek en ‘n vriend vir die week Kruger Wildtuin toe is nie.

    So sit jy maar Pietie, want duidelik het jy geen benul waarvan jy praat nie. Ek sal geld daarop sit dat jou “regte werk” baie meer piel suig as wat my werk, ou grote.

  15. Pieter says:

    Ja dis as iemand iets van jou website af koop! poephol! seker niemand hier het iets van jou sell out stuk tos site af gekoop nie! wat kan hulle kry? T shirts wat jy afgerip het van n USA site af? please! jy is n onoorsprolike loser wat dink mense hang aan jou elke woord! fok jy staan al about 3 maande op 3K likes?! NIEMAND LIKE JOU NIE DOOS!

  16. Ruan Stix Fourie says:

    @stoutejannie: Weereens, niemand behalwe jy nie. ” jy staan al about 3 maande op 3K likes?!”

    Hahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahaha

    Dit is snaaks wanneer iemand wat nie weet waarvan hy praat nie, probeer maak asof hy weet waarvan hy praat. Ek is mal daaroor hoe jy dink dat likes/follows ‘n maatstaf is vir of mense van jou hou. Hahahahahahaha. Dit is seker hoekom jy vir jouself voel soos die massive loser wat jy is, want jy meet of mense van jou hou met likes/follows. Free advies, hou op omgee of mense van jou hou. Hahahahahahahaha. Maak soos ek, moet net nie omgee wie van jou hou of nie. Hahahahahahaha

  17. Pieter says:

    Kom ons werk bietjie uit 12% van R3 295 is ‘n volle (drum roll please) R395 en 40 sent! so inplaas van n halve bar one kan jy nou n halve boks bar ones koop! jy is so cool! ok ok en kom ons se jy verkoop so 2 t shirts n maand dis n extra wat? R300 – soooooo jy maak about so R1700 n maand! dit beteken jy kry nou minder as minimum wage om die site te run! dis reg jy sal meer bucks kry as jy toilets skrop elke maand! hey en jy doen dit actually klaar want die website is SHIT!

  18. Ruan Stix Fourie says:

    @Pietie: Miskien moet jy meer begin dink aan verkope per week (en ook besef dat die voorbeelde wat ek vir jou uitgewys het net so paar van die goed is wat deur my site verkoop). Of jy kan jou werk doen, eerder as sit en grens by my oor hoe kak jou werk is. Hier is ‘n lysie van die goed wat ek al die maand verkoop het deur Mantality:

    Pax 3 Vaporizer
    Pax 2 Voporizer
    Contempo Endurance Delay Condoms (3 Pack) (die was seker jy Pietie, jy klink soos ‘n premature ejaculator)
    Spartan Advanced Libido Supplement (4 capsules)
    Fleshlight Flight Instructor Texture Masturbator
    1930s Vintage Motorcycle Helmet (Black)
    Charging Shelf for Smartphones
    Protractor Pizza Cutter
    Willie Egg Fryer

    Ek het wel nog net beursies verkoop die maand, geen t-shirts nie. So jy het my daar, geluk ou bees. In elk geval, is die alles moerse irrelevant, want gevaaalik.com is my stokperdjie, nie my werk nie. Miskien moet jy eerder jou tyd begin gebruik vir ‘n stokperdjie wat vir jou so bietjie ekstra geld maak elke maand, dan sal jy nie vir minimum wage toilet hoef te skrop soos jy sê jy tans doen nie.

  19. Jan (Eintlik ook Pieter) says:

    Jy steel ALLES self jou modelle! seker jy het daai dude nie n sent betaal nie:
    http://www.budget-t.com/item.asp?prodid=67

    Hier is jou gesteelde pineapple:
    https://i.pinimg.com/originals/f0/44/98/f04498e2ef53c09fe7c2fc074286bf11.jpg
    met sonbrille:
    http://i.imgur.com/qWQcHwe.png

    so ja dis maar 1 van die goed wat jy verkoop en dis FALSE ADVERTISING! ALLES NET SO GESTEEL van google images af so jy is n skelm! jy hoort in die tronk!

  20. Ruan Stix Fourie says:

    @Jan: Weet jy hoe werk IP adresse Pietie? Jy kan maar verskillende naampies gebruik, jou IP bly dieselfde. Of is julle eintlik ‘n hele kantoor vol losers wat almal sit en julle aandag aan my skenk? Dit is baie hartseer, nie net vir julle nie maar ook vir die ou wat julle salaris moet betaal.

    In elk geval, mooi ou grote, jy het uitgewys dat ek stock images gebruik op my site. Genius pappa. Hier is vir jou nog ‘n hele spul plekke waar dieselfde foto gebruik is, WANT DIT IS ‘N STOCK IMAGE. Hier is dieselfde vir die pynappel en die “Deal with it” sonbril (nie sonbrille nie, sonbrille is meer as een paar jou mongool). Gaan lees bietjie op oor die “Deal with it” meme.

    Goeie Jissis, as julle wil uitwys hoe verkeerd ek is, probeer darem dat die slim een tussen julle die tik werk doen. Ek stel voor julle kry iemand wat die internet al gebruik vir langer as 10 minute.

  21. maak seker nie saak nie says:

    Uhm ja mens noem it n VPN – en ja NIEMAND gee om oor jou nie behalwe ek – want actually is al hierdie comments van my af! nou nie groot kop kry en dink ek is verlief op jou of iets nie….net vir jou n punt bewys en daai punt is dat jy n loser is wat ander mense se goed steel en dan weer verkoop!

  22. Ruan Stix Fourie says:

    @maak seker nie saak nie (of watookal die lafaard se naam is): Het jy nie nog Photoshops om te maak van my gesig op meisies se lywe vir jou “Altaar van Stix” nie?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *