Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

Bad Motherfucker – Insane Office Escape

Die dae van groot budget films en baie geld kort vir ‘n TV series is besig om stadig maar seker tot ‘n einde te kom danksy die internet. Nie net oor jy alles pirate nie, jou dief. Die internet het elke liewe een van ons ‘n channel gegee waar ons iets wat ons self gemaak het vir die hele wêreld kan wys. Al wat dit jou gaan kos is tyd en effort.

Biting Elbows - Bad Motherfucker

Net soos alle goeie short films het die een girls in bikinis

Kyk byvoorbeeld na The Guild. Dit was net ‘n web series, tot Xbox Live dit gesien het en besluit het om die creators aan te hou betaal om nog episodes te maak. Mens sien ook al hoe meer short films en documentaries wat op Youtube of Vimeo verskyn. Of mense gebruik crowd sourcing sites soos IndieGoGo en Kickstarter om hulle, boek, flike, documentary of nuwe invention te fund. Jou grootste investors wag op die internet.

Basies as jy en ‘n paar vriende iPhones het kan julle, julle eie sitcom shoot om op die internet te verskyn. Jy gaan net die tyd en die effort moet insit om dit goed te maak. En as dit goed is, dan sal iemand dit raak sien, al word jy net ‘n Youtube partner.

Hier onder is ‘n short film wat wys wat kan deesdae gedoen word met die bare minimum en dit is awesome. Dit is ‘n action short film met violence en ‘n pretty cool soundtrack. Jy mag dalk die volgende Stephen Spielberg wees en jou storie mag dalk begin met ‘n viral video, soos dinge vir Die Antwoord begin het.

You may also like...

2 Responses

  1. Drikus says:

    EK HOU HIER VAN!

  2. Stix says:

    @Drikus: Hiervan, een woord.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *