Warning: Undefined variable $show_stats in /home/pfck1lu3zsb4/public_html/wp-content/plugins/stats/stats.php on line 1384

gevaaalik.comedy Podcast #78 – Die Gamers sal verstaan

Alles in Suid-Afrika is deesdae so ernstig. Vir eens in my lewe wou ek nie hê die gesprek vir die gevaaalik.comedy Podcast moet draai na current events in Suid-Afrika toe nie. Hulle sê mos gaming laat jou ontsnap na ‘n ander wêreld en dus het ek besluit om met my vriend Jacques te praat oor games en ‘n gamer wees.

Gevaaalik Podcast #78 - Die Gamers sal verstaan

In #78 – Die Gamers sal verstaan praat ek en Jacques oor waar ons altwee die eerste keer blootgestel is aan games, en op watse platform dit was. Ons praat oor gaming platforms en of een beter is as die ander. Ons praat oor ons gunsteling games en wat vir ons oor die jare uitgestaan in die hoop games wat al gemaak is sedert ons begin games speel het, iewers in die 1990s. Ons bespreek selfs dat games speel miskien ‘n mors van tyd is. Ek en Jacques sal vir ure kan sit en praat oor net die onderwerp, en nie ek of hy sien onsself nie as experts of ouens wat alles weet van gaming nie. Ons like altwee maar net van games speel.

Laat weet of julle hou van die chat en of ons meer van hierdie tipe chats moet doen op die gevaaalik.comedy Podcast. Los ‘n comment, email ons by podcast@gevaaalik.comedy of los ‘n review op iTunes.

Jy kan die gevaaalik.comedy Podcast kry op iTunes, so bliksem daardie subscribe knoppie en kry elke nuwe episode soos dit verskyn. As jy ‘n Android device het kan jy BeyondPod gebruik en ook subscribe aan ons podcast deur net te search vir “gevaaalik.com”. Of ‘n ander opsie is dieSoundcloud App en dan kan jy ons podcast sommer via ons Soundcloud page kry wat werk vir alby Apple en Android.

Die song aan die begin van die week se podcast is Video Game Rap – Grover

Geniet die episode van die gevaaalik.comedy Podcast.


*Niks wat in hierdie podcast gesê word moet ernstig opgeneem word nie. Name, karakters, besighede, organiesasies, plekke, gebeure en insidente is of die produk van die hosts se verbeelding of word denkbeeldig gebruik. Enige ooreenkomste tot regte mense, lewendig of dood, gebeure of plekke is heeltemal toevallig. Hierdie podcast is uitsluitlik vir vermaaklikhid gemaak.

You may also like...

11 Responses

  1. Jean-Pierre Jacobs says:

    Ek like die single topic podcast idee ouens. Wat bespreek julle volgende?

    That moment when you are the only idiot in the office giggling for no apparent reason.

    #GevaalikPodcastsIsBeterAsSex

  2. Johan De Villiers says:

    Daar baie verskille tussen xbox en play station 4… graphics.. cpu spoed interface.. net om paar te noem.. julle baie eenkantig… 8000 rand vir laptop.. kan jy sims 3 ooit speel? My graphics kaart vir my rekenaar kos meer as dit en dis net graphics kaart.. maar behalwe vir die paar voute was dit baie aangenaam om te luister well done..

  3. Kobus Pieterse says:

    Baie nice.. ek hou van die episode reeks wat julle hier doen dis baie cool…. keep it up

  4. Ruan Stix Fourie says:

    @Jean-Pierre: Awesome. Bly jy like dit dude. Die volgende chat is oor entrepreneurskap of jou eie besigheid begin en run, met een van my vriende wat nou al vir ‘n jaar en ‘n half sy eie prokureurs firma bestuur. Dan na is daar ‘n episode oor Indie Game Development en ‘n indie game developer wees, en ek praat Saterdag met so paar ouens wat professional Couter Strike: GO spelers is. Ek dink maar aan onderwerpe soos ek aangaan.

    Baie dankie vir die gamwe woorde dude, bly jy geniet die podcast!

  5. Ruan Stix Fourie says:

    @Johan: Yes, soos ek gesê het in die podcast, ek like al die platforms en as ek genoeg geld gehad het dan sou ek seker almal besit het. Ongelukkig rol ek nie in die ponde nie, en Jacques ook nie, dit is seker hoekom ‘n R8000 laptop vir ons fancy is. Bly jy het die episode gelike dude, en thanks dat jy geluister het.

  6. Ruan Stix Fourie says:

    @Kobus: Dankie dude, bly jy like dit. Ons het nog so paar wat kom, so hou maar ‘n ogie uit.

  7. Peanuts says:

    Jacques ek wil jou kinders hê… voice for days

  8. Ruan Stix Fourie says:

    @Peanuts: Jir, jy het my nou hardop laat lag!

  9. Vannhh says:

    Ek het nog nie kans gekry om te luister nie, maar ek moet net n comment los want eks geskok. Julle game op laptops??? Klink of hier n paar masochists is 😉

  10. Ruan Stix Fourie says:

    @Vannhh: Ons game eintlik op Xbox. Is al vir die laaste 5+ jaar weg van PC gaming af, ek. Maar daar is sprake dat ‘n sekere gaming laptop brand vir my ‘n laptop gaan stuur om my te probeer oortuig dat laptops die game ding kan doen. Die laaste game wat ek op my laptop gespeel het was South Park The Stick of Truth.

  11. Vannhh says:

    @Ruan : Kwaai, eks nou besig om Ark te download op my xbox. Drop my n message as jy dit het en bietjie wil op faction. Het nog n vriend wat ook speel so ons kan dalk iets daarvan maak. Bietjie shady dat die game nog in preview is en klaar launch daar al expansions, maar dis dinosaurs!!
    Awesome keuse met South Park. Daai Underpants Gnomes deel het my in trane gehad. Sou nooit kon dink dat n balsak so gevaarlik kan wees nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *